Bokomo-brekfisbrief; 15/08/09: Die vreugde van klein dogtertjies

  • 0

Gizelle is nou drie jaar en vyf maande oud. Die oulikste klein dingetjie in 'n pa se oog wat mens ooit kon kry. Een van haar gunsteling goed om te doen, is om in Pappa se kar te speel, en die agterkant van die stasiewa word 'n huisie. Vanoggend toe Pappa die pad vat om sy kliënte te besoek, klink sy kar soos 'n “charm shop”. Is net klokkies wat lui! Elke keer as ek weer in die kar klim na ek by 'n kliënt was, vergeet ek van die klokkies, tot ek weer op die pad is en oor 'n hobbel ry. Ek het dit toe later begin geniet, en met elke groot klokkelui wonder ek wat doen my Liefie nou. Is kinders nie die wonderlikste geskenk in die lewe nie?

Beste wense

Bobbejaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top