Rondrits: slender withoute in opdrifsels gerok-
Hokaai! Die aarde sluk die wieg van die mensdom in,
Afonder sleur die sleep van ’n reëngodin.
Daar’s ’n surplus tragedies aan afvlerkvoëltjies
wat dit betreur of volbring
teen die erdvarkuur sal skemermense soos ’n grasuil kraak:
tussen uit en uitwys is uiting oop en baar
skade en skande het hy iemand vandag hoor sê
eerbetoon gesoek in die dekonstruksie van sy moeder
’n kat begeer om sy eiersak te lek
te veel lig is kerse
wat verlep in die vensterbank
gedurende die dag
samesyn of die fatale kwessie van inmekaarheid ...
bewaar die klip die steen word bedreig
genoegsaam sand het alreeds verloop om te
herenig in glas
Durf ’n jongeling die daad van iets ontwortel tussen skel en kweel?
Die vrag varke skweel oor die vooruitsig van sy kruk
welp (-e) (meestal in die verkleiningsvorm
welpie gebruik) Kleintjie van roofdiere
soos ’n leeu, beer; ook van ander diere
soos ’n hond ed
ed en dergelike
ww. werkwoord: die somer welp -
so en daarom ...Wilma Stockenström
vra die danser bo-op die apasmara
om die boom wat gedagtes hoja
laat hierdie ondersonganger jou te kenne gee
die bruinsylangstertjie het die wewer se ontwerp afgerokkel
en slordig tussen vlak takkies omgekeer
gewag op die melkbos se stekelkosies geel en bloos
vir die waaisaad se pluis ’n sagte voering binnehuis
en met vyf eiers onegalig bespikkel
In die glashuis blomme onder lampe
Buite ons nag van lang beloftes:
Een crooked cowboy se afvlerk die ander se optelveer,
die volgende strydwoord soos gewonne armoede of korrupsie daarvoor.
Almal vaardig met skrefies oë dalk op die toekoms.
Ek beveel ’n plastiekkaart aan
tussen jou en bewaring.
Tuiniers is altyd vuil onder die naels.
Verontskuldig jou in die skemer met kelkies
iewers ook glase garnale in handjies woordslaai
nog ’n bietjie dood word al die ou mense groot
van loopstokvisioene
fel een reuse tectona grandis vir my kis
een snytjie berg vir my kopsteen
daar’s reeds tekens dat ’n enkele lettergreep
wat hom voordoen as ’n volwaardige woord die opper=
vlak oorskry
verder is die veld ’n droë kuns
in die heuwels ’n opslag van die verbeelde volk
en jonkmanskaste vol mooiskrywery
oor boerbandiete uitgelewer aan die praatmasjien
ook die wete homo artificialis en nie die kewer karwei die son,
hy wat homself waterhondjievoete verbeel
’n haaslip kort van hotnotsgotkakebene
Adriaan


