Bokomo-brekfisbrief; 14/12/2010: Waarheen gaan mense ...

  • 0

Om (i) aan nuwe insiggewende mites of MEME blootgestel te word of

om (ii) die mistieke weg te ondersoek?

is ’n vraag in 2 dele wat deur Naas Ferreira in hierdie artikel gevra word – die byvoegings in hakies hierbo is myne.

Hy gaan dan voort om die eerste deel volledig te antwoord. En daar is ook ’n paar ander persone se menings daaroor beskikbaar op LitNet.

Ek wil vandag, soos ’n agteros ook in die kraal kom, en graag op die tweede deel ’n kort en kragtige antwoord verskaf:

Ignoreer jou intellek en malende gedagtes en keer terug na die stilte van jou hart. Daarbinne is ’n baie klein plekkie waar alle kennis en wysheid versamel lê. Alles wat jy ook al nodig mag hê vir jou lewensbestaan sal jy daar vind.

Dit is my vrye vertaling van die volgende stuk Engelse advies, wat ek iewers daar gelees het, deur Talker, ’n moderator van Our Ultimate Reality-webgespreksforum:

Leave your mind and your constant thoughts and return to [the silence of] your heart. Inside your heart is a tiny place where all knowledge and wisdom reside. Whatever you need on all levels of your existence is there for you. [Blokhakies is my byvoeging.]

Laat dit so wees.

PierrevL

NS Die feite hierbo genoem behoort aan almal, die opinies is myne. Dit is vir jou om die verskil raak te sien.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top