Bokomo-brekfisbrief; 14/11/2010: Kraam droppels

  • 0

 

 

In die huis mengel die koms van die derde kind. Die vrou wens die man dood. Hy vra vir 'n teken.

En die zombie wat eet in die bome het sewe sakke doppruime onder ontydige beeswagters se neuse weggedra.

Die buurman trap die man se waghond in die stofpad; sy trokkie is klaar van al die gejaag om 'n nuwe masjien. Die fetus in die foto bring name op in die man.

En die zombie wat eet in die bome het vyf sakke doppruime onder ontydige beeswagters se neuse weggedra.

Laatnag hoor die man shhh haaa en kry die vrou in die bad. Sy wys hom 'n bloederige pappery soos 'n koekie seep onder haar wit vlerk. Hy gaan slaap.

En die zombie wat eet in die bome het twee sakke doppruime onder ontydige beeswagters se neuse weggedra.

Adriaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top