Goeiemôre, Krautie, bblondie
Jis, julle ouens moenounie beginne met die lui perde daar in die stede nie. Onlangs was ons in Pretoorsdorp gewees vir sake. Daardie een met die kakebeenwa waaroor hulle 'n moerse skuur gebou het, die Voortrekkermonument se Pretoorsdorp.
Stop ek ingedagte met 'n oop venster by 'n robot, kom staat en druk 'n lui perd 'n helse lot selfoon chargers deur die venster. Ek skrik so groot ek draai die venster met 'n groot spoed toe. Hy red sy hand maar ek sit opgeskeep met 'n lot chargers. Die lig is groen en die ou agter se hoeter hak vas, toe ry ek maar. By die volgende robot sien ek die lui perd op ʼn galop aankom en gee toe maar die spul chargers vir 'n ander lui perd wat beursies en handsakke deur die ruit wou druk. Voor ek kon verduidelik is ou hoeter weer aan die kla en da' gaat ons. In die truspieëltjie het ek ʼn fight soos laas tussen Joe Frazier en Actio libera in causa (Mohamed Ali) dopgehou. Innie middel van die pad en met 'n reguit middelvinger het selfoonmaniak beduie als is oraait, hy't sy chargers terug. Vriendelike perde, dié vannie stad.
Later die aand het ek en vroulief gaan uiteet en parkeer die motor ʼn blok vanaf die restaurant - geen ander plek gewees. Staat 'n lui perd half onbelangstellend teen 'n parkeermeter geleun en vra of hy die motor kan oppas. Nou't ek genoeg vir een dag gehad en wys hom my onnerarm Glock .45.
Ons kon hom ses blokke verder steeds hoor vloek terwyl hy met 'n flink trippel die pad af is.
Nog laaste niet gewees. Volgende oggend wil ek die stad se stof vannie voete skud, maar vroulief wil met geweld - en ek bedoel sy't gedreig - eers by Makro stop. So gedreig so gedoen, ma' eers haal ek die twee gedroogte bobbejaanhande, een van die wat gereeld vroulief se hoenders gesteel het, uit die paneelkissie en hang dit oor die truspieël, ek't gehoor dit werk.
En Boeta, werk dit! Die karwag het met 'n halfmaansmile nader gestaan en so gevries toe hy die hande sien. Die volgende oomblik ruk hy om en innie spoedoptel trek hy sy geel beffie uit en smyt hom da' wa' vér is terwyl hy kliphard "Jo Jo Joooooso" - so al asof hy homself aanpor tot nog hogere spoed. Die bedelaar wat voor die ingang gesit het, het ook net een kyk gegee en sy Tupperware-bakkie met kleingeld net da' gelos en wild voet innie wind geslaan. Sy bordjie met "I can't walk please donate" wapperende agter sy rug.
Toe ek uitklim en met die bobbejaanhande innie lug kliphard skreeu: "Halleluja, hy's genees", het die res van die lui perde pad gevat op 'n stewige draffie.
Ons het toe nie geshop nie, Makro se bestuur het my in geen onduidelike terme laat verstaan ek het al hulle kliënte en werkers ontstig en ter wille van vrede het ek en 'n baaie moerige vroulief die aftog geblaas. Nounie dat ek gemind het nie.
Bblondie, ek dink nie die ruiltransaksie is 'n goeie ding nie. Daardie AMC Classic panne van jou sal tans 'n dodelike wapen in vroulief se hande wees. Jy sien, sy's steeds baie moerig oor my barbaarsheid in die stad.
Groete
Swerwer


