Bokomo-brekfisbrief; 14/08/2010: kaplyn blues

  • 0

ragfyn, skeidslyn, tussen goed en sleg,
soms verdobbel, speel, een die ander,
laat Mens dan, sowaar, net wonder,
waarom Mens so snaaks gemaak is,
asof Mens nie eintlik omgee, traak,
of Mens verkeerd leef, of glad nie,
weet Mens nie waar issie donners’
grenslyn tussen Ewig Geluk, en
vir-ewig-in-pyn, sonner medisyn,
om’t uit te dryf, te laat verdwyn

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top