Bokomo-brekfisbrief; 14/06/08: Oor NDE's, Pro-Dink

  • 0

Pro-Dink, die meeste van die boeke wat ek al gelees het oor die onderwerp is dit juis eens dat daar 'n universele ervaring is van alle mense wat NDE's gehad het – ongeag ras, taal en kultuur. Dit is die een van die lig en die tonnel (of ingang) en die liefdevolle verwelkoming. Dan is daar ook ander gemeenskaplike faktore soos die feit dat mense teësinnig teruggekom het, dat hulle absoluut geen vrees meer oor die dood gehad het nie, en dat hulle geestelike lewe verdiep het na die NDE, ongeag hulle geloof.

Ekself was by meer as een sterfbed waar die persoon mense gesien het wat hom kom haal in die minute/ure voor sy dood. Dit is 'n besondere ervaring om teenwoordig te wees waar mense sterf. Die een man het ook vir my gesê van hierdie wonderlike musiek wat hy hoor, wat hy nie kon beskryf nie, maar aan sy gesig kon ek sien dis 'n bo-menslike ervaring.

Dit help nie om net die skeptici se boeke te lees wat dit biologies probeer verklaar nie. Lees bv 'n paar boeke van dr Elisabeth Kübler-Ross; sy het as mediese dokter haar lewe daaraan gewy om navorsing te doen oor Death and Dying.

En gaan gesels met 'n verpleegkundige wat by 'n hospice werk.

MaanKind

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top