... diep in Pretoria se Moot-gebied, is daar nog spesiale mense. Mense uit 'n vervloë tydperk vir wie tyd stil gaan staan het. Dit het ek gister ontdek met 'n besoek aan die gebied.
Dit is waar mans nog dink nuts en bolts is 'n voorgereg.
Waar aunties met hul morning slippers en haarkrullers nog kafee toe sal stap.
Wanneer brandewyn en Coke verdamp wanneer dit stip aangekyk word in 'n kroeg.
Waar 'n man se pens nog groter as sy bonnet is.
Die ge-rev van 'n kar net oordonder word deur geknal van 'n harde poep.
Waar 'n gegluur 'n pistol outomaties sal laat afvuur.
'n Plek waar kinders dink 93-oktaan is 'n speelding.
Waar ghries meer status as seep het.
Die manne en vroue van die Moot is 'n spesiale soort. Mense wat deel van die karakter van Pretoria en Suid-Afrika is.
En dit is jammer dat hulle al skaarser word.
Yuri


