Bokomo-brekfisbrief; 13/10/08: Padvarke

  • 0

 

 

Ek het vroeër die week vanaf Joburg na Warmbad op die N1 gery. Mense, wat ʼn gemors - ek bedoel nou die padwerke. Ek het in beginsel nie ʼn probleem daarmee nie, want ons gaan in die volgende twee jaar baie mooi paaie hê wat heerlik gaan ry. Waarmee ek wel ʼn probleem het, is die padvarke wat elke reël wat ingestel is om dit so pynloos moontlik te maak, te verontagsaam. Jy ry teen die nuwe 80km/h perk, tussen sement-barriers, met konstruksievoertuie oral rondom jou, stof gemaak deur jackhammers en bore, ens. Genoeg om mens die koue rillings te gee. En dan kom hierdie vark en vleg tussen die verkeer deur, flits sy ligte agter jou sodat jy moet padgee (waarheen?) en wys vir jou signs as jy dit nie doen nie. Het ook nog nooit gehoor van ‘volgafstand' nie.

Maar wat ek regtig nie kan verstaan nie, is hoekom hierdie varke altyd met BMW's of Toyotas ry. Veral BMW's. Hierdie bestuurders is beslis die ongemanierdste mense op die pad. Minibustaxi's kan maar gaan slaap.

Kan ons nie maar bietjie meer geduldig wees totdat hierdie padwerke klaar is nie? Ons gaan dan almal heerlik ry.

Groete

Wimpie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top