Bokomo-brekfisbrief; 13/09/08: Blou Makou & Pink Floyd

  • 0

 

 

Blou Makou, ken jy die band Pink Floyd? Hulle het manjifieke albums soos Dark side of the moon and Wish you were here gemaak. Hulle is Engelsmanne. Maar jy verkies seker die Klipwerforkes bo Pink Floyd?

Ja, Engeland as imperiale mag het oor eeue kak regoor die wêreld aangejaag, maar dit was in die tydsgees. Baie ander imperiale magte het ook kak in verre lande aangejaag, inheemse kulture ontwrig en hulleself verryk. Engeland het wel ook infrastruktuur soos spoorweë, paaie en damme, en institusies soos howe en universiteite in Indië en Afrika gevestig. Dit was ʼn tweesnydende swaard wat goed en sleg gebring het.

Ek koester glad nie meer ʼn wrok teen die Engelse nie, en wil nie aandring dat hulle om verskoning vra vir water wat lank reeds onder die brug deur is nie.

Terwyl Afrikaans steeds my gunsteling-taal is, moet ek erken dat Engels groot wêrelde vir my oopgemaak het - rockmusiek, romans, Shakespeare, navorsingspublikasies, koerante en tydskrifte.

Baie Engelse, hier en in Engeland, is oopkop en witty. Sê my: wie sal jy as krieketkommentator verkies, Ian Botham of Boeta Dippenaar? (Daarmee wil ek nie noodwendig sê dat Boeta nie oopkop en witty is nie.)

Vergelyk Strijdom se stroefheid met Churchill se quips. Get my point?

Ek vermoed dat jy kommuniste verpes nes jy Engelse verpes (horror of horrors, rooi gevaar tot die mag twee!). Ek staan nie kommunisme as ʼn staatsvorm voor nie, maar ek dink tog daar is ʼn paar goeie kommuniste. Of ten minste een: Dink jy nie ook Fidel Castro is ʼn cool kommunis nie? Ek hou van die manier hoe hy sigaar in die mond vir Amerika 'n toffie gewys het.

Kleinboer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top