Bokomo-brekfisbrief; 13/08/2010: Vernuwing op SêNet, Oester en ander

  • 0

Oester, ek stem saam. Die laaste tyd is hier min om te lees, tensy jy nou rêrig belang stel in die FW-, KdK-tipe geploert. Is die paar bittereinders hier besig om die forum dood te wurg?  Wat van 'n beperking per dag, sê nie meer as een brief per persoon oor dieselfde onderwerp nie? Sommiges hou aan en aan sodat dit later 'n hoofstuk word, en baie keer nog so oninteressant ook. Wie het lus om vervolg op vervolg te lees?

Waar is die kreatiewe breins hier rond, die jonges, die boere, die kunstenaars, die denkers, die wyses, die uitgewekenes in Australië, Kanada en Europa? Kan ons nie 'n onderwerp per week kies en laat waai met die lekkerlees briewe nie?

Nee sowaar, deesdae vlieg my oë net so vinnig oor die onderwerpe en dan hou ek liefs verby. Dankie vir die enkeles wat nog iets skryf waaroor 'n mens kan nadink.

Groete,

Lorca

(Wat dink julle? Webvoet)

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top