Daar het jy dit nou, Rynard, as ons nie die firkin diere vreet nie, ry ons hulle. Ai!! Die boosheid van sommige SêNetters.
Ek is saam met jou bly olifante kan nie vlieg nie; dink net hoe sou ons motors se windskerm gelyk het na 'n swerm olifante hoog daaroor gevlieg het! Om nie te praat van onder 'n boom sit met 'n olifant wat 'n omgekrapte maag het bo in die boom.
Ek wens net iemand wil die rondloperluiperd hier by my ook op ʼn vegetariër-kursus (skimp vir SureSlim) stuur, hy het nou al ses lieflike heel skaaptjoppies vir die week agter die blad, en 'n Emu, nogal die mannetjie van 'n broeipaar. Maar skiet?! Aikôna, dan huur ek eerder ʼn vlieënde olifant om op sy kop te dinges ... dis nou totdat ek my 30-06 se scope ingestel gekry het. Ek is nou gatvol om elke aand saam met 600 skaap in een kamer te slaap!
Die ou van fauna en flora het voorgestel ons moet al die luiperds in ons omgewing kastreer; die bliksem verstaan fokkol, die luiperds wil nie die skape n**i nie, hulle wil die skape vreet.
Ek verstaan jou sentiment aangaande die doodmaak van luiperds. Het skape ook nie 'n reg tot lewe nie? Wie moet die skape beskerm terwyl ʼn bloedlustige luiperd op sy moordtog voortdonner? Ek meen, net omdat ek elke Saterdag 'n ou skaaptjoppie op die vuur tan beteken dit nie dit gee die luiperd die reg om dieselfde te doen nie. Daar is 'n veld vol weerlose bokkies daarbuite wat hy kan aankeer. Mos. Veral die lammertjies se vleis is heerlik sag.
Julle softies daar in die stede verstaan soos fauna en flora fokkol - as ek moet kies tussen ses skape per week en 'n skaaplustige luiperd, dan verloor die luiperd loshande. As hy nog nie bedreig is nie, gaan hy definitief so voel met mý (en 'n 30-06) op sy spoor.
Vleislus-groete
Swerwer


