Ek gaan maar my gewone skewe Afrikaans praat want my Ingels is nie so op standaard soos joune nie. I doesn't speaka dat language, causa I don't lika dat Empire or dat Kwien so nicely, hey!
Ek onthou destyds my oom S wat, toe die N2 gebou moes word my grootjies een vir een loop opgrawe het want dit deug nie dat elke Pietie oor hulle ry nie. Hy het lank vertel dat, toe hy die grafte oopmaak, die beendere nog in posisie was en met die oopmaakslag eers inmekaar getuimel het. Uitgehaal en toe hier op die koppie weer kom bere. Ek dink dis tydmors want wie gee in elk geval om, nè? Van toe af word onse mense in behoorlike kelders gebêre wat uitgemessel word met betonvloere en beton deksels bo-op. "Vir die wurms", sien. Of is dit vir die stootgrawe? Nou is grafkelders redelik goeie besigheid want ek bou nie een vir onder 12 K nie. Dit is die beton deksels en die opsit die dag van die begrafnis en die seël van die liggaam (10 cm sementvloer as dit 'n 9 vt graf is) uitgesluit. Lê die twee langs mekaar is dit 16 K, want dan praat jy van dubbel stene, sement en arbeid ens. Jip, die een se dood ...
Die probleem is die betrokke regulasies. Onlangs wou een of ander grynslaggende ontwikkelaar hier by ons die ou begraafplaas (by die punt) platstoot en 'n spul Toskaanse villas bou vir die verveeldes en die branderkykers. Die plaaslike regulasies het hom toe verhoed want dit se spesifiek dat die begraafplaas eers platgestoot
Ek sou die platstoot van begraafplase beslis ondersteun met die voorwaarde dat dit in sinvolle publieke ruimtes omskep word. Los die beendere net daar, hulle maak die aarde vrugbaar. Geen geboue of ontwikkelaars nie maar iets soos parke of selfs net inheemse bome om as 'n groen gebied te dien. 'n Bos innie stad as U wil. Selfs 'n amfiteater onder die sterre sou dien. Hou die kopstene en sit dit iewers in 'n gedenktuin maar hersirkuleer die res van die graniet of marmer ten goede van spesifiek die armes wat moet skuld maak vir behoorlike grafstene. Ironies genoeg is ons stede besig om in beton te verander met elke denkbare oop ruimte wat ontwikkel word. Groen word verander in grys en die proses gebeur so stelselmatig dat ons nie regtig beswaar maak nie.
Groete uit Oesterland,
oester


