Bokomo-brekfisbrief; 12/07/09: Kosie se Mojo en die Trio van onheil

  • 0

 

 

Kobus de Klerk tik:

"Nee wat, dit is nie vir julle beskore om my fut uit te put nie. Ek put my krag uit 'n bron wat geen perke ken nie."

Nou ja, daardie bron wat geen perke ken nie, het myns insiens heeltemal opgedroog. Kyk hoe histeries raak Kobus as 'n baie eenvoudige scenario aan hom gestel word.

Eerstens word ek daarvan beskuldig dat ek met die een of ander trio van onheil saamsweer om hom aan te vat. Ek ken nie werklik vir Paul, Angus, Thomas en die res nie, behalwe dit wat ek van hulle op SêNet lees. Natuurlik sal Kobus bedreig voel deur die trio van onheil, aangesien hulle al meermale met hom die vloer gevee het en sy argumente as belaglik bewys het.

Dan gaan Kobus steeds tekere oor Dennis Paulsen, en ek verstaan steeds nie sy argument nie. Nou ja, laat dit maar staan. Wat my betref, kan 'n mens ook nie werklik bewys wie Kobus de Klerk is nie, behalwe natuurlik vir die paar verregaande beweringe wat in die nasionale media teen hom gemaak is.

Dan vaar hy ook uit teen my skuilnaam. Kobus, watter bewyse het jy dat Mastema my skuilnaam is? Hoe weet jy ek is nie werklik Mastema wat jou kom aanvat en jou in jou geloof laat probeer wankel nie? Weet jy ooit wie is Mastema? Ek glo nie eens in Mastema nie, maar jy is op rekord dat jy wel doen.

Ag nee, Kobus, die een strooipop-argument na die ander. Jy het jou mojo verloor. Ek sien dat selfs daardie twee mal vroumense, Erika Henn en Christen-moeder, die hasepad gekies het. Die tweetjies het albei gepoog om hulle gekke-fantasie aan ons te verkondig en het liederlik gefaal. Is hulle dalk familie van jou?

Nou moet ons nog net met die Patriarg van die Trio van Heiliges afreken.

Ek kan nie wag nie.

Liefde

Mastema

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top