Bokomo-brekfisbrief; 12/04/09: Die siekte waaraan sommiges ly, maar dit nie eens weet nie

  • 0

 

 

Ek praat van ‘binge eating'. Ek was nog altyd groot, het op skool 115 kg geweeg, maar het 400 m gehardloop en was nooit vet nie. Tot ná skool, toe ek ewe skielik begin gewig optel het. Ek het toe alle sportsoorte waaraan jy kan sink, maar niks het gehelp nie. My gewig was 'n probleem. Ek begin toe die ‘Weigh Less'-program volg en my gewig het, wonder bo wonder gedaal, maar ek kon nie wag vir Woensdae wanneer ons klaar geweeg het nie. Dan het ek Kentucky toe gegaan en my heeltemal oorvreet.

Die volgende oggend word jy wakker met 'n helse skuld gevoel net om proses te herhaal. Ek is nou 40 en weeg 144kg. Ek het nou al 'n emosionele verbintenis met kos. As ek die dag opstaan, weet ek ek gaan myself heeltemal oorvreet. Ek begin gewoonlik op 'n Vrydag en hou aan tot en met Sondag. Van pies, biltong, een keer 12 tamaties agter mekaar (het gedink dit is orraait, dit maak nie so vet nie) tot gesonde kos, maar tot drie borde. Ek word dan die volgende oggend wakker met helse skuldgevoel, klim op my fiets en ry 40 km. Dit, dink ek, sal 'n bietjie vergoed vir my skuldgevoel, maar as ek terugkom, is ek eers honger en dan begin dit weer van voor af. Ek was gister regtig raadop en kom toe op hierdie link af. Ek lees dit en besef ek is toe nie heeltemal so alleen nie.

Ek hoop definitief ek kan hierdie ding oorkom, want die ironie is dat reg eet my eintlik geleer het om te ‘binge'. Ek hoop hierdie skrywe en link sal dalk 'n paar mense op SêNet help.

Geen Massa Volger

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top