Bokomo-brekfisbrief; 12/02/2010: Boeta

  • 0

My liewe broer,

jy lees nie eers hier nie. Maar ek gee nie om nie. Jy sal dalk eendag dié briefie raaksien en weet dis vir jou. 

Dankie dat jy sterk is wanneer ek nie is nie, dat jy my held is in soveel opsigte, my beter ken as die res van ons familie.

Dankie dat jy mooi is met ma en pa, dat jy lief is vir jou vrou en kinders en dat jy oor berge sal klim vir jou broer en susters.

Dankie dat jy altyd luister as ek praat, dat jy nie judge nie en dat jy so vol wysheid is.

Ek is lief vir jou boetie.

Jou suster in die Republiek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top