Bokomo-brekfisbrief; 11/10/2010: ontmenslikingsmotief

  • 0

so graag wou ek getuig,
vol trane, my spyt, aandeel,
aan apartheid, hartseer, pyn, bely:

verby’s oranje-blanje-blou-Voortrekkergejuig,
verby’s Broederbondspitsberaadberaadslaging,
verby’s Republiekfeesgangsterstoejuiging

voort word gestu met Duiwelspieksaanbidding,
kru Boesmannifisering, want hoe minder Mens,
hoe meer dier, karikatuur, van Naaste, mede-Mens,
gemaak kan word, hoe beter objek se kans,
geskiedenis van heerser, neo-Nasionalis,
as legitiem, absoluut waar, te aanvaar

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top