Bokomo-brekfisbrief; 11/10/08: Taal-verwarring?

  • 0

 

 

Johannes Comestor praat in sy brief oor die kwistige gebruik van Engels in LitNet-briewe, Egoli-akteurs se aanhalings in Die Burger en hy gee talle ander voorbeelde van die verengelsing van ons taal wat hom pla. Dit is natuurlik sy volle reg en baie mense sal hieroor met hom saamstem.

Dieselfde Pick n Pay (met die uitsluitlik Engelse benamings van hul produkte) waaroor hy ook skryf, het tog vir 'n ligter oomblik gesorg. 'n Vriendin soek op 'n dag tussen die rakke van die betrokke besigheid 'n blikkie vetvrye Spray n Cook-sproei. Sy vra later een van die rakpakkers waar sy dit in die hande kon kry. Die outjie kyk haar eers half-verdwaas aan en beduie toe dat sy hom moes volg. Hy neem haar reguit na die dames-toiletware-afdeling en sê kliphard vir die vroulike helper: "Hazel, help 'n bietjie hierie antie, sy soek koekie-sprei."

Indien die verpakking in Afrikaans was, sou my vriendin dalk steeds daar gekoop het!

Vriendelike groete

Ellen Botha

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top