Beste Bewonderaar
Vanaand sal Jasmyn jou skoene uittrek, jou moeë voete in 'n skottel warm water plaas .... en dan vir jou 'n verhaal van die Liefde voorlees. Dit sou iets soos die volgende klink:
"Eendag, lank, lank gelede was daar 'n eiland, en op hierdie eiland het elke gevoel waaraan 'n mens kon dink, gebly: GELUK, HARTSEER, en LIEFDE was die HOOF van hierdie eiland. Een oggend vroeg is daar oor die radio aangekondig dat die eiland besig was om te sink. Elke gevoel het reggemaak om die eiland te verlaat maar LIEFDE en KENNIS was die enigste gevoelens wat gebly het.
"LIEFDE het geglo dat als sal regkom en almal weer gelukkig op die eiland sou bly. Toe die eiland amper heeltemal gesink het, het LIEFDE en KENNIS besluit om hulp te vra.
"RYKDOM het verby die eiland gevaar in sy luukse boot en LIEFDE het op hulp geroep, maar RYKDOM het geantwoord daar is te veel goud en silwer aan boort, daar is glad nie plek vir hulle nie.
"HARTSEER het later in 'n pragtige seilboot verbygekom en LIEFDE het weer om hulp geroep, HARTSEER wou nie help nie, want HARTSEER wou graag alleen wees.
"YDELHEID het in 'n yacht verbygevaar en toe LIEFDE weer om hulp vra, het YDELHEID geantwoord dat LIEFDE en KENNIS dalk die boot sou beskadig.
"GELUK het later die middag verbygevaar en so geskreeu en lag van vreugde dat LIEFDE en KENNIS se hulpkrete glad nie gehoor kon word nie.
"Skielik was daar 'n stem wat sê : LIEFDE, ek sal jou help. LIEFDE was so verlig oor die hulp en hulle veiligheid dat LIEFDE nooit eers gevra het wie die hulpvaardige was nie, maar kon onthou dat dit 'n baie, baie ou wese was.
"Toe hulle aan wal kom, vra LIEFDE vir KENNIS wie die hulpvaardige ou wese was. KENNIS antwoord dat dit TYD was wat hulle gehelp het. Vir LIEFDE was dit 'n groot oomblik, maar vra toe hoekom TYD hulle gehelp het?
"KENNIS het geglimlag en met 'n diepe wysheid geantwoord: Net TYD weet hoe kosbaar LIEFDE is!
Zzzzzzzzzz, teen die tyd dat ek die slotreëls lees, sal jy onvermoedelik weggevoer wees met 'n dosis natuurlike narkose ...
Kaalvoet Jasmyn


