Die Kalahari-mense se taalgebruik is omtrent soos die van die Namakwalanders - baie sterk gekruie. Sedert my aankoms hier is dit vir my sooooooo snaaks.
Eendag toe preek ons nuwe domineetjie dat hy nog nooit sulke sterk Afrikaans gehoor het nie- is dit nou nodig om so lelik te praat? En so vreeslik aggressief?
Sit ek toe en wonder van watter mans preek hy - en besef later met ‘n skok dis oor die VROUENS wat hy so kla. Die mooiste meisies kan jou verstom vir hulle kwaaigeit en beskrywing daarvan - veral die boervrouens - raakvatters en haastig en absoluut sonder enige bedrog.
Ons mooiste juffrou by die skool vertel my eendag by die kerkbasaar hoekom manlief nie ook daar is nie. Fluister so naby my oor terwyl haar mooi ogies blits en bekkie so saampers en gesiggie die pragtigste karaktervolle plooitjies kry van kwaadgeit as sy so rondkyk waar Domineetjie is:
"Nee man - die bliksemse aardsetters het mos al weer al ons F*&%#$ krippe se F*&^%$ koper ball valves gesteel. Nou't al die F*&^%$# water weggeloop en die bees is dors. As ek een van die drekgoed ooit op ons grond kry dan K*# (dinges) hy - ek skiet hulle net daar vrek - die donnerse drekgoed is mos die room van die etter van die wêreld!!!"
Toe koop ek vleis en die hoof ouderling se vrou pragtige mannekyn Mariaan met die skerpste swart ogies en yslike frons op die voorkop kom vra my besorg (terwyl sy ook so rondkyk waar nuwe domineetjie is): ‘Het hulle die vleis darem mooi verpak nie sommer so in die sak in gebliksem nie - ek raak so die moer in as hulle die vleis sommer soos gemors in die mense se sakke ... indonner!!!"
Toe weet ek wat dominee vinnig besig is om uit te vind met sy eie plaas - dis van sukkel met water in die Kalahari waar mens ‘n woordeskat nodig het wat daarby pas.
Huisarts


