Bokomo-brekfisbrief; 10/10/2010: Op oom Paul met sy verjaarsdag

  • 0

Oom Paul is vanoggend ontstig. Rewolusie hang swaar in die lug. Hoogverraad sou hy kon op sy duim sweer. Dit is erger as Oktober 1899 toe die Britte hier kom baklei het …

Om sy gemoed te sus, stap oom Paul na sy Bobby van Jaarsveld-spieël en sê-vra: “Spieëltjie, spieëltjie sê vir my …

En die spieëltjie antwoord terug: “Oom Paul jou dae is getel. Van Blerk sê De la Rey moet die Boere kom lei … dit is klaar met jou oom Paul.”

Ontstig skop oom Paul die spieël. Dié antwoord terug: “Hofmeyer sê jy is ’n pampoen.”

Ag vaderland, dink oom Paul – “Net gister sê my Gezina dat ek haar papsopwinterwaternat week, nes daai Darren ou.”

Met ’n glimlag dink hy: “Dit is my verjaardag – kom ek doen die leeuloop. Ek hou van daai Wessels-ou – hy is my speler nommer 23.”

Op pad buite toe kry hy die tante. Ewe kwaai gluur sy hom aan.

Gaan jy nie vir my groete aan Mannetjies Roux stuur nie – of is jy kwaad vir hom.

Nee, ek is ’n Blou Bul – en ek hou van my rugby op Loftus Blêrfeld.

En gee my kans om die leeuloop te doen …

Dan gaan ek jou na ’n lekker suikerbossie toe neem.

Net daar ontwaak oom Paul – sooibrand oor rugbykwotas, Afriforum, stakings, wanbesteding, taxi-moleste, armoede, dienslewering, Eskom …

En daar speel ’n skelm glimlag op oom Paul se gesig. “Dan dink die bliksems ons het dit swaar gehad. Gee my liewer Magersfontein, Talana of Lord Roberts – daarmee kan ek leef.”

Oom Paul – ’n enige soort Suid-Afrikaanse held. Skink ’n mampoertjie waar jy ook al mag wees en vier jou verjaardag rustig.

Yuri

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top