Bokomo-brekfisbrief; 10/10/08: Vir Rosa Smit

  • 0

 

 

Rosa Smit skryf :

"Jammer dat Joan Hambidge altyd met soveel afbrekende kritiek almal wat nie uit haar skryfskool kom nie, met soveel venynige ywer moet kry onder haar skerp tong! Veral vir ʼn ou soos ek wat so lanklaas gepubliseer het."

Wanneer gaan Rosa Smit ophou om na haarself as 'n 'ou' verwys. Sy is 'n vrou en verder verwerp ek haar skeefgetrekte opmerking dat ek negatief is as mense nie uit my skryfskool kom nie. Ek is / was positief oor Ronelda Kamfer, Johan Myburg, Hennie Aucamp, Daniel Hugo en nog vele ander wat NIE onder my studeer het nie.

As jy lanklaas gepubliseer het, moet dit nie as 'n verskoning gebruik word nie. Johann de Lange het ook geruime tyd gelede gepubliseer, maar sy verse was fantasties. Dit was vir my 'n voorreg om dit voor te lees, omdat ek die gedigte baie fyn moes bestudeer om al die nuanses reg te vertolk.

Ek verwerp haar opmerking.

Joan Hambidge

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top