Bokomo-brekfisbrief; 10/04/2010: Gerhard Moerdijk en Akhen-aten as Afrikaner van Afrika

  • 0

Frans Soff en Anton Van Wouw het die Vrouemonument ontwerp. Let wel, die Vrouemonument is op 16 Desember ingehuldig.

Die Vrouemonument het 'n spesiale metaalkap op sy piramiedetop, om sonstrale te kan weerkaats.

Volgens Wikipedia was 'n obelisk soos hierbo, 'n versteende Aten-sonstraal volgens Farao Akhen-aten.

Moerdijk en Van Wouw het vir jare saamgewerk aan 'n "egte droomkasteel", bestaande uit twee sulke obeliske: "Die argitek van die Voortrekkermonument, Gerard Moerdijk, het die beroemde Suid-Afrikaanse beeldhouer, Anton van Wouw sedert 1909 geken en van 1916 af het hulle nou saamgewerk om ʼn waardige toekomstige monument vir die Voortrekkers te ontwerp. Hulle was vas oortuig dat hulle die uiteindelike argitek en beeldhouer van hierdie invloedryke gebou sou wees. Toe Moerdijk egter in 1936 die "Egiptiese tempelontwerp", wat hulle oorspronklik saam ingedien het, verander..."

Tot sover prof AE Duffey, UP Erfenisversamelings Kultuursake, Universiteit van Pretoria, Pretoria, 0002.

Na wat het Moerdijk die twee versteende Atenstrale verander? Na een "egte" of lewende sonstraal-obelisk op 16 Desember. In 1936 was Gerhard Moerdijk in Egipte, onder meer in Thebes, waar die Aten-sontempelkompleks staan. Dis is te lese in sy dogter se boek: Man en Monument, deur dr Irma Vermeulen. Na sy terugkeer uit Egipte in 1936, het Moerdijk sy Voortrekkermonumentontwerp met die lewende Aten-straal ingedien. Die Egiptiese hiëroglief vir die Aten was 'n sirkel met 'n sonkol in die middel. Moerdijk het hierdie Aten-hiëroglief twee keer in sy monument ingebou, bo en onder:

Om die Aten-hiërogliewe te verlig, het Moerdijk die egte Atenobelisk - 'n onsigbare sonstraal - die 33ste straal gemaak, soos mens hieronder self kan sien.


Die sentrale senotaaf - of sarkofaag soos Moerdijk dit in Egiptiese terme genoem het, is analogies aan die Benbensteen van die Aten-tempelompleks in Thebes, waarop die lewegewende son skyn om nuwe skepping te simuleer. Moerdijk het dit self in Egipte gesien.

So ook die Groot Psalm aan die Aten, waaronder die volgende vers van Akhenaten: "Hulle tonge praat aparte tale, net so verskil ook hulle natuur; hulle velkleur onderskei hulle, want U het die onderskeie volke geskape."

Moerdijk was miskien onder die indruk dat Ahken-aten 'n Afrikaner was, weens sy aanskoue van Akhenaten se Koukasiese vrou, Nefertiti, se borsbeeld in Berlyn. Dit was destyds in 1936 wêreldnuus dat kanselier Hitler vir Nefertiti en Akhenaten se Atenkultuur van Afrika wou gebruik as sentrale simbool van sy nuwe hoofstad, aangesien Hitler nie vir Nefertiti aan Egipte wou terug gee nie.

Bronverwysing daaroor hier.

Moerdijk self het gesê: "Die Afrikaanse kuns ... is baie nou verbonde aan die van Egipte en is die grootste wat die wêreld ooit geken het."

Tydens sy inhuldigingsrede van die VTM, het Moerdyk spesifiek na ou Egipte se beskawing en die grootsheid van hul geboue verwys.

Wouter, Pieter en Kobus, baie dankie vir julle aktuele skrywes rondom die Aten, Atenisme en Akhenaten.

Persoonlik dink ek Akhenaten was die oorspronklike Jesus - Grieks vir Joshua - 'n tweede tipe Moses. Die vader-seun-teologie en tempelpolitiek van Farao Akhenaten en die latere Christus Jesus is identies in alle detail.

Sê nie die latere Jesus was 'n Afrikaner nie, maar die oorspronklike Joshua van Egipte waarskynlik wel, nes Gerhard Moerdijk dit gesien het.

Soos die eerste mens is uit Afrika, so ook die tweede dus.

Ate(n)is

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top