Bokomo-brekfisbrief; 10/01/2011: Dina se katjie

  • 0

Hi Dina

Ek is bly jy is so gelukkig met jou Kersgeskenk. Die dingetjie is baie cute. My dogtertjie het so maand terug besluit sy soek ’n troeteldier. Ma wil ’n hamster kry of ’n puppy of ’n kat. Ek soek nie ’n hamster nie want dit is ook maar net ’n veldmuis met ’n mooi naam, ek hou nie van katte nie, en ek het klaar twee pragtige volbloed Duitse Herders. Ek poog juis al die laaste 3 jaar tevergeefs om my wyfie by my mannetjie swanger te kry. Ek spot nogals by my vrou dat ek vir Kujo (my mannetjie) die boek Wat seuns moet weet van Dr Murry Johnson wil koop om hom aan te help, want ek is seker hy doen dit verkeerd. Ek sal nie omgee vir ’n puppy nie, maar dan moet hy volbloed wees en ek moet sy pedigree ken, en dit kos geld wat ons nie nou het nie.(Ek glo goedkoop koop met honde kan duur koop wees in die lang termyn.)

In elk geval, na baie trane deur Gizelle en Mamma wat nie wil ophou fokken karring nie, gee ek toe maar in op die katjie. Ek soek egter nie ’n kleintjie van die vrou in die straat se katjie nie, en stel voor on kry een by Animal Anti Cruelty, dan is hulle darem al ingespuit en ontwurm. So gepraat so gedaan. Twee honderd rand later is ons daar weg en Gizelle is ene smiles. Die hele week is sy en die kat onskeibaar. Maar van die eerste dag af al kom ons agter die kat nies die hele tyd en sy een oog begin al hoe meer traan. Ek is bang die kat het dalk die erger tipe van die drie katgriep-soorte en vat haar toe maar na Anti Cruelty se veearts toe om veilig te wees. Die vat nie eers ’n monster om te kyk wat dit is nie en maak dit af as sniffels. Sy reken ons moet dit maar uitwag en dis dit. So is ek en my dogtertjie daar weg vol vertroue ons probleem is aan ’n einde.

Selfde week nog kry ek skielik ’n snaakse seer in my nek wat al hoe groter word en ’n mooi sirkel vorm. Gizelle begin dit ook kry en kom ons ook agter die kat se hare begin uitval. Ring-fokken-wurm. ’n Hele donnerse nuwe stryd van voor af. Ek is nou al so gatvol vir die kat, dat was dit nie vir my dogtertjie wat so lief was vir hom nie, hy vinnig terug sou gegaan het Anti Cruelty toe. Nou sukkel ons so tussen die rome en lelike merke maar aan. Wat kan mens nou doen.

Net om die kersie op die koek te sit. My wyfie Duitser se tepels het hierdie week skielik baie sigbaar groter begin word en sy lyk ook of sy gewig optel. Ek sal haar seker more by ’n veearts kry en bevestig, maar dit lyk of ons dalk nou in elk geval puppies gaan kry. Na al die gesukkel. Snaaks hoe die lewe werk nè.

Beste wense vir jou en jou familie, vanaf ’n huis vol dierepolitiek en polemiek.

Bobbejaan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top