Bokomo-brekfisbrief; 10/01/2010: Meer is beter

  • 0

Marida se artikel in By, "Meer is beter" en spesifiek die deel oor "Ria" verwys.

 Die openlikheid en eerlikheid van Ria se storie is opvallend. Duidelik is sy gemaklik in haar vel en soos sy self te kenne gee mooi volwasse oor die denkwyse en haar begrip van volwasse verhoudings.

 In my ervaring as alleenlopende man en reeds in my veertigs, finansieël en emosioneel behoorlik gevestig en onafhanklik, is daar ‘n Ria in meeste geëmanisipeerde vroue, en beslis hier in SA. My vele praktiese wedervaringe hiervan spreek daarvan. Die verskil met meeste ander vroue en Ria is eenvoudig net hul self ontkenning van hul brandende behoefte aan Ria-ervarings. Hulle fantaseer ook daaroor, kry selfs nat drome en orgasmes oor die idee daaraan en koester hierdie vurige passie en begeerte om ‘n ander ware man te ervaar.

 Min gaan oor tot die daad van poliandri, sommiges toets die waters met ‘n af en toe kortstondige affair, en die werklik vurige vroue kan eenvoudig nie anders as om gereelde seks en kontak met ‘n ander man of mans as die enkel een in hul lewe te beoefen nie. Dit maak hulle meer volledig vrou.

 My verstaan van ware vrouens is dat meeste ‘n ruim hart het - plek het vir veelvoudige liefdes soos hul man, hul kinders, vriendinne, ‘n goeie vriend en dan soms ook vir daardie ekstra man wat dit net regkry om die bioritme weer spoed te gee, die bloed in die are weer laat kook en onwillekeurig die natuurlike vroulike drang aan vertroeteling, passie, robuuste seks en verliefdheid kan opwakker.

 Dit is elke vrou se geboortereg om waarlik vroulik en seksie te wees en dit ook gereeld te ervaar. Dit is natuurlik. Dit word egter onderdruk en gesmoor deur ‘n kwansuise morele waardestelsel (selfs toegepas deur vriendinne) en oordrewe godsdienstige beperkinge wat al eeue terug deur slinkse mannetjies bewimpel is om vroue aan bande te te le. Mettertyd is vroueregte meestal herstel, maar die mees basiese reg van ‘n vrou om te kan kies met wie sy intiem wil verkeer word hulle meestal ontneem deur ‘n eenvoudige manupilasie-truuk van etiketering - laat die vrou skuldig en minderwaardig voel, dan kan jy haar in toom hou en beheer - ‘n gewoon siek spel.

 Min mans kan enkel alleen aan die komplekse, veelsydige en meervoudige behoeftes en begeertes van ‘n enkele vrou voldoen. Van hul emosionele, fisieke, psigiese behoeftes tot die behoefte aan bewondering, vertroeteling, versorging, vertroueling, aanraking, vervulling, ens - wat nog gepraat van hul seksuele behoeftes. Nee wat, dit sit eenvoudig nie in ons mans se broekspype nie of die vrou wat beweer haar man is wel hierdie  sprokiesverhaal super hero, is dan gekondisioneer tot ‘n afgewaterde weergawe van die ware vurige vrou wat sy behoort te wees.

 Tyd het aangebreek dat vroue die vinnige, kort tydjie van lewe aangryp en ware vervulling vind en uitleef, en dat ons mans die gewoontes van swak selfbeeld, persoons-bedreiging, jaloesie, vrees, afguns en selfsugtigheid afleer. Vir vroue is meer beslis beter, dit laat hulle blom en juig van vreugde.

Ek as die afleidings-man voel glad nie bedreig deur ‘n vrou se betrokkenheid by haar eie man en gesin nie. Ons tyd bymekaar is mooi, goed en werklik aardskuddend. Ons doen ook soms die ding van saam shopping, braai met my vriende, uiteet-aande, wegbreek-naweke, of oorsese reise.

En ek benodig ook die alleentyd wanneer sy by haar gesin deurbring, vir lees, stokperdjies, werk voorbereiding, ander vriende, ens. ‘n Ware vrou kan die leefstyl sommer met gemak hanteer. Min mans is opgewasse hiervoor.

Baie Tevrede van Pta

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top