Bokomo-brekfisbrief; 09/11/09: Die Queen en die Slagter met die pen agter die oor

  • 0

William Lloyd Williams uit Machynlleth in Wallis het vir opspraak gesorg tydens 'n seremonie waar hy 'n medalje ontvang het weens sy uitmuntende slagterskunsies.

Die slagter het hom vreeslik grênd aangetrek vir die okkasie, maar soos gewoonlik sy pen agter die oor gehou. Dis waar sy pen hoort sodat hy vinnig bestellings kan neerskryf. Ongeveer dertig gaste het die slagter skugter daarop attent gemaak dat sy pen nog agter sy oor steek en darem nie so mooi by sy outfit pas nie.

Sy antwoord daarop?

"Nee, ek moet my pen byderhand hê, want netnou wil die Queen 'n kalkoen bestel en dan moet ek kan neerskryf hoe groot die kalkoen moet wees!"

Lees meer daaroor hier.

Pouveer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top