Bokomo-brekfisbrief; 09/10/2010: so wrintie

  • 0

uiteraard is Mens meesal bedaard,
skat Mens elk’ geleentheid na waard’,
word meeste deur intuïsie, instink, gelei,
Stryd om Gewete-herwinning noggie verby

moet Mens nog vele tekortkomings ontbeer,
Lewe Een vir baie klaar te veel, soos ‘n las,
moet meeste nog meer, gierig probeer leer,
hoe dit eendag sal wees, hoe dit eendag was

moet Mens eerbiedig na God, Skepper, verwys,
Sy Teenwoordigheid A Priories, Bloot Gegewe,
Hom eerder net met Woord en Daad bly prys,
bo-aan ons lys, ‘n meer bevredigend’ Lewe

is herwinning van Gewete natuurlik ‘n proses,
bly glo gelowige: “Oos, Wes: Paradys Bes”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top