Hoekom Piet en sy Sannie ooit getrou het sal nugter alleen weet. Geen kerk sou deug nie want die dag as hulle kerk loop is dit omdat die betrokke kerk 'n "hamper" geskenk het. Dus is die twee hier langs die rivier deur 'n lekepastoor in die eg verbind. Sommer so sonder 'n dak of Gazebo of blommemeisies. Die mense sê dat na die seremonie die paartjie en die pastoor sommer so saam-saam besope geraak het. Hier agter by Nellie se huis langs die rivier.
Die heuningmaand was 'n naweek in 'n tent op Nellie se grasperk.
Ek het al beduie van die man en sy vrou wat sommer vir beide spanne speel. Hy moet dit verdomp weet want hy het haar "girlfriend" destyds lekker gejol tot sy huidige vrou haar van hom afgevry het. Tog, die twee is soms gelukkig, want as daar ander mense is dan Bokkie sy hom heeltyd en hy Liefie haar tog te mooi.
Maar iets maak nie aldag sin nie. Want sy was al 'n paar keer by die tandarts en hy word gereeld deur die ambulans gehaal. Want volgens haar het hy haar voortanne uitgeslaan (die mense sê daar is 'n ander bedoeling hoekom hulle uit is, maar dis die mense en mens weet mos hoe mense dinge verkeerd
Annerdag hoor ek haar weer praat met 'n pap mond soos 'n vis wat gaap en by navraag beduie sy dat die goete nie lekker gepas het nie en nou verstel moet word. Linda staan so op 'n afstand en luister en klim toe sommer ongenooid in die gesprek in: "Maar jy lieg mos nou, man! Jy en Pietie het laas nag tot wie weet hoe laat baklei. Dink jy my oë sit in my gat? Ek het gesien hoe hy jou bek stukkend slaan! En jy het gesoek daarvoor, want as iemand my so met 'n rooster brand en later met 'n pan toetakel gaan ek nie stilsit en pak vat nie! Wag tot ek die welsyn laat weet dan word julle al twee se Allpay afgevat!"
En so kry mens maar die berigte van geweld en dreigende geweld en as dit nie die een is wat met wonde loop nie dan is dit die ander wat in die selle moet loop slaap. Die boere het eintlik al soort van moed opgegee en vat nie meer sommer die sake nie, want die volgende dag kom trek hulle die goed terug. So hulle sluit maar toe vir die aand tot die dop uitgetrek is en laat die betrokke ene maar huis toe ryloop.
Vroeër die week hoor ons dat sy nou 'n paar duisend rand gaan kry want die Allpay skuld hulle vir agterstallige gelde. Ek sien dat die tanne wel in is maar die goed lyk nie reg nie en getrou beduie Linda: "Man, jy verstaan nie: Hy slaan hulle uit en dan gaan koop hy volgende oggend Super Glue en gom die goed weer terug want die tandarts wil nie meer verniet regmaak nie. Dis hoekom die goed nou so skeef is, want hy kannie so lekker mik as die rooi prop eers trek nie.”
Vanmiddag moes Arthur iets loop doen by die huis toe hy kom rapporteer hoekom Pietie nie opgedaag het vir werk nie: "Die twee lê halfkaal daar innie bosse oorkant die hotel. Hulle het vergdomp g'n skaamte nie! Enigeen wat verbyloop
"Toemaar, Apie, oormôre is daai klomp geld uitgedrink en dan sal hy weer opdaag."
Ek dink toe terug aan hoekom hy in die eerste plek Allpay: Sy het sy enkel met 'n oesteryster sodanig geslaan dat hy steeds mank loop. Kat en
oester
NS Nee, ek praat geensins gesinsgeweld of geweld teenoor enige vrou goed nie. Ek sê maar hoe dit is.


