Bokomo-brekfisbrief; 09/08/09: virrie manninne onner ons

  • 0

virrie manninne onner ons
(Vrouedag 2009)

nes u, gaan die uwe ook deur pyn,
deur fases, stadia, stadiums, stadions,
nog nie vol van God se Volheid

deur oppe en affe, post-Paradyslik,
vol vertwyfeling, soms fisies ongeskik,
vir die spel van die lewe tydelik nie lus,
al brand die tydsvlam, chronologies ongeblus

nes u, die uwe, gebore as Eenling, enkel,
al was daar nog, Mense, voor of agter my,
nes u, noodgedwonge, solitêr, ter gronde sal moet gaan,
net halfpad voorbereid, vir (dit) wat ons nie kan vermy,
nes u, ook moet aanhou, vir geboortereg te stry,
so lank menslik moontlik, ten alle koste, vol hoop,
disfunksionaliteit, Duiwelspiekdissipelskap probeer vermy

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top