Bokomo-brekfisbrief; 09/01/2011: Leeus en jakkalse

  • 0

Dit was ’n plesier om deur die stil strate van Johannesburg en Pretoria terug huis toe te ry.

Die bossies en gras op die sypaadjie oorkant ons is so hoog dat ’n leeu daar kan skuil.

Na ’n middagslapie het ons motors in die straat voor ons huis deur water hoor spat. Die water kom uit die munisipaliteit se pyp wat tydens ons slapie reg by ons meter gebars het. ’n Dik stroom water spuit in die straat af.

’n Wakker oom van die mislike-paliteit het nou net dadelik die telefoon beantwoord. In werkstyd neem dit ure. Ons het klaar nie ’n druppel water uit die kraan nie. Ons motorhek werk ook nie.

Gelukkig paartie ons elders. Gelukkig is ons nie munisipale werkers wat op Oujaarsaand waterpype moet herstel nie. Gelukkig is dit alles klein jakkalsies. Gelukkig het ons weer 3G wat met die spoed van lig werk teenoor die parafien-weergawe by die kus.

Hêppie hêppie vir almal! Mag julle nuwe jaar geweldig wees.

Annemari

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top