Liefde is moeilik soms. Dalk selfs onmoontlik. Want miskien ontmoet jy iemand wat jou hart breek en jou maak smile op dieselfde tyd.
Dis daai liefde wat jou laat wakker lê in die nag. Dis daai liefde wat wat jou simpel goed laat doen, stupid stories maak vertel, dronk laat bestuur - van liefde, nie van dop nie - en in die onhaalbare laat glo.
Dalk ontmoet jy ‘n onwaarskynlike siel wat dink soos jy, amper glo soos jy en miskien, as jy gelukkig is, soen soos jy.
Dalk leer jy iemand ken wat eners droom as jy, hoop soos jy en beter nog, weet wie jy is, aan die binnekant. Iemand wat verstaan as jy praat van kleintyd troubles en skandes en speel. Iemand wat jou ma en pa ken sonder dat hulle mekaar ontmoet, iemand wat lag as jy skel en iemand wat saam met jou kan op team in 30 Seconds want julle deel dieselfde geskiedenis en kleintyd maniertjies. Iemand wat weet wat ‘n rooilipslang is, wat weet hoe ‘n bosbrand lyk en nes jy, liewer is vir woorde as vir enigiets anders.
Dalk ontmoet jy eendag so iemand. Dalk hou dit vir ewig en tot die dood, of tot iets simpels julle mekaar weerhou van vir altyd. Dalk is jy so gelukkig.
En as jy is ... Maak mooi. Want dit kom dalk nie weer oor jou pad nie ...
Waterkloof


