Bokomo-brekfisbrief; 08/10/09: Tong in die kies

  • 0

En so boor ek toe olie raak op die net. My eerste besoek aan die webwerf. Hoe absoluut verfrissend, want sien, my mense vertel my dat my gebruik van die woord "moerse" uiters swak taalgebruik, asook swak maniere is. Aikona, dis 'n lekker beskrywende woord.

Maar dis nou nie eintlik waaroor ek wil praat nie. Ek woon in KwaZulu-Natal, en vir die wat nie weet nie, hier praat ons Afrikaans, Engels en Zoeloe. Alles het nogal heel goed verloop tot die kleinkinders by ons kom bly het omdat hier 'n Afrikaanse skool is vir grade 8 to 12. Probleem - hulle weet g'n stuk van Zoeloe nie. Oplossing - ek skryf vir hulle boeke in al 3 die tale. Plus daar word beskrywende prente bygesit. Van diere, tot vrugte en groente, asook maande van die jaar en dae van die week.

Gedink ek is die kat se snor."Light bulb moment". Die hele reënboognasie kan mos van die boeke gebruik maak! VERKEERD. Daar moet ek toe uitvind, om 'n boek te publiseer kos astronomiese bedrae geld, plus niemand publiseer in meer as 1 taal nie. Dit staan enigeen vry om van my te verskil, of om my in te lig van 'n ander sienswyse, maar om by die kinders te begin om 'n liefde vir ander tale te kweek, kan tog net voordeel inhou vir ons ou landjie, of wat praat ek nou?

Elsie Lourens

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top