Geen ander woord vir die goed nie. Hierdie broeke wat die breker-paphand-slof-slof-generasie deesdae dra. Die "manne" met gym-spiere maar geen krag in hul arms nie. Die manne wat baie sterk is as hul baie is maar nie skouers regop in jou oë
Ek vra die annerdag vir 'n paar van hulle waarom hulle nog bodder om broeke en dik belde te dra as die goed in elk geval op hul knieë hang. Toe beduie hulle my met sulke nuwerwetse handbewegings in Amerikaanse (van alle dinge!) slang dat ek 'n houding het. Ek beduie toe, "Nee, ek het nie 'n houding nie, ek wonder net hoekom mens met 'n drol in sy broek die hele dag wil rondloop. Raak dit nie ongemaklik nie?"
En toe is die gort behoorlik gaar. Maar ek verstaan nie die praat nie want die spul praat, soos ek sê, so met hul woorde in hul monde. Ek staan nader om beter te hoor en die spul retireer asof ek melaats is. "Toemaar, ou grote, ek ganie aan jou tik nie, ek wil net hoor wat jy sê, want dit smaak my jou broek choke jou stembande so bietjie. As jy retireer, tel net verdomp jou pote op, man, mens sleep nie jou pote so as jy loop nie."
En toe wonder ek, soos feitlik elke generasie voor my: Waar is die jonges (nooit gedink ek gaan ooit hierdie woorde sê nie) op pad heen? Want ek onthou dan juis dat mens 'n denim so moet dra dat dit jou stywe gat wys. Lat dit wys dat jy iets het om te bied.
Nou sien ek iewers in 'n vreemde land in 'n dorpie het iemand ten minste bietjie moed bymekaar geskraap om hierdie pap broeke te verbied. Probleem is, nou word die burgemeester en sommer sy hele raad en dalk nog hul voor-en nasate as rassiste uitgekryt. En ek dink: WTF? Tussen 'n mal spul word die stem van rede altoos, by gebrek aan enige sinvolle antwoord altyd uitgekryt en beledig en daai belediging word gewoonlik aan ras geheg.
As jy heeldag met jou hanne in jou sakke staan is jy 'n slapgat. As jy nie jou verdomde pote
oester


