Die kwessie rondom geweld en dreigemente van geweld het in die laaste tyd hier by SêNet ’n bietjie onder die soeklig gekom.
Nou ja, ek self vind die hele affêre eintlik nogal heel snaaks, want aan die einde van die dag (soos Naas Botha sou sê) weet ons eintlik maar bitter min van mekaar en sou ’n paar krytgevegte dalk tot ’n skreeusnaakse resultaat of twee aanleiding kon gee. Miskien moet jy eendag ’n vrye-styl-byeenkoms in die plaaslike sportsaaltjie reël, Melt, want dink net:
· Oester en Kameraad Yuri vat mekaar, maar laasgenoemde is toe al die tyd vrot van die karate en slaan die nukkerige skulpvis só hard en só vinnig dat hy dink hy word omsingel. (Krokodil staan woordeloos op en stap uit terwyl oester sy tande met gebreekte arms probeer optel.)
· Jy sit vir Neels Visser en Kobus saam in die kryt. Hulle stribbel uiteraard teÑ‘, maar ons kry die ding aan die gang met: “Julle moer mekaar of ons moer júlle!” Visser land halfhartig ’n skadelose hou teen die kant van sy teenstander se kop, maar De Klerk vererg hom terstond en die volgende oomblik hoor ons net hygende asempies en die geklap van vuisies.
· Visser slaan uiteindelik vir De Klerk onder luide toejuiging uit, maar dan klim Christenmoeder in die kryt en tjop-tjop hang Neels ’n Leon Spinks van ouds leweloos oor die toue soos. Die ateïste lag só dat ’n paar van hulle moet suurstof kry.
· Vega kry mý in die hande en binne sekondes lê ek soos ’n nat vadoek op die krytvloer terwyl sy vir Perdebytjie (wat klaar op die hoekpaal staan) “tag” om die job klaar te maak. De Klerk (wat intussen herstel het) moedig die vrouespan luidkeels aan, maar word dan deur Mastema en Angus met ’n opvoustoel gebêre vir die res van die aand.
· Lappop is toe al die tyd ’n witwarm skopbokser en sy wiks Francois Williams sommer met die lui van die eerste rondte se klok só hard dat sy broek om sy enkels gaan sit. Soos een man sak almal op Francois toe en hou aan met slaan en skop tot die uitsmyters kom ingryp.
· Enigiemand (en ek bedoel “enigiemand”) moer vir Afrikaan.
· Van Huyssteen bring sy eie valhelm en ’n matras vir die hoogtepunt van die aand – ’n “toss the dwarf”-kompetisie. Anton B wen vir my en Blou Makou naelskraap wanneer hy vir Janneman los oor die toue gooi en ons vriend in die proses die beoordelaars (jou en Naomi) se tafel te pletter val.
Bring it on!
Oom Daan


