Jy weet jy is kommin as:
1. Die nagemaakte Afrika-aksent wat jy gebruik wanneer jy met swartes in Afrikaans praat, so swaar is dat jou huisbediende sukkel om jou te verstaan.
2. Jy jou tande gaan borsel nadat jy per ongeluk uit die huishulp se beker gedrink het.
3. Jy groot oё maak en koorsagtig na die kombuis beduie wanneer iemand kliphard die "k"-woord gebruik terwyl die huishulp aan diens is.
4. Jy vir die dominee wag om die onthaal te verlaat sodat jy ernstig kan begin drink.
5. Jy vir iemand padaanwysing gee oor die foon en met jou hande beduie.
6. Jy Angus Buchan se konferensie gratis bywoon en op pad huistoe by die Spur stop met die R150 wat jou vrou vir jou gegee het.
7. Jou hond sy agterstewe onophoudelik lek en die veearts sê hy doen dit om die smaak van die afslag-pille wat jy aan hom voorsit uit sy mond te kry. Nog meer so as jy na hom staar en dink hy's ernstig.
8. Jy die boks met wyn onder die tafel instoot voordat jy bid om dankie te sê vir die kos (met my eie oё gesien).
9. Jy per ongeluk begin eet voordat die gasheer gebid het en dan vinnig die kos uit jou mond haal.
10. Jy dronk terugry van ʼn braai en die yswater in jou cooler box uitkeer op die voetganger wat jy omry (reg voor my huis gebeur).
11. Die petrolprys opgaan en jy R5 se petrol uitry na die vulstasie om 20 liter brandstof teen die ou prys (10c per liter goedkoper) in te gooi. Daar aangekom, sit jy vir 20 minute in die ry en smul aan R20 se pasteie, koeldrank en swiets.
12. Jy ʼn vriend se Neil Diamond CD copy omdat die kunstenaar vir jou soos Steve Hofmeyr klink.
13. Jy dink dis goeie maniere om te vra of almal klaar geёet het voor jy oorverdowend poep.
14. Een van die kinders ʼn "paint stripper" in die kar laat gaan en jy die skuldige vaspen deur die reuk te eien.
15. Jy ná tien jaar weer kerk toe begin gaan omdat jou vrou verwag en jy bang is mense gaan jou skeef aankyk wanneer jy die baba laat doop.
16. Jy saambly en glo iemand gaan minder sleg van jou dink omdat jy na haar verwys as jou "verloofde".
17. Jy, vandat jy buite rook, omtrent nooit meer die toilet by die huis gebruik nie.
Groetnis
Oom Daan


