Ek is baie bly ons praat nou openlik oor die skelm e-posse wat van tyd tot tyd via Webvoet hier op die werf afgestuur en ontvang word. Die rede? Dit help my nogal baie, want ek is bietjie agter met my korrespondensie en nou
In geen bepaalde volgorde nie:
1. Erika Henn: Ek het groen oë, ligte bruin (oukei, effe grys) hare en my sterreteken is Pisces. Ek hou, soos jy, ook van fliek, perdry, stap en piekniek-hou, maar is bevrees ek het weinig sober gewoontes, ken nie die binnekant van ‘n kerk nie en is boonop reeds getroud.
2. Francois Williams: Ek het ongelukkig (met die oog op die Sokker Wêreldbeker) reeds ‘n hele trommel vol ou Suid-Afrikaanse vlae by die plaaslike vlooimark gekoop. Jou prys is egter nie sleg nie, so ek sal jou e-pos vir al my vriende aanstuur.
3. Kobus: Nee, ek wil nie soveel vrye tyd tot my beskikking hê soos jy nie en ja, jou besigheid ís ‘n piramiede-skema. Los dit nou, ek stel regtig nie belang nie. (Ek wou jou nog vra: wat is daai aaklige wit spatsels op die kombers wat ek by jou teruggevat het? Mieliepap? Kwyl?)
4. Neels Visser: Die Kobus-kabouter se kleure verbleik en die hand met die Bybel het sommer vanself afgeval. Kom vat hom weg uit my tuin en bring my R20 terug, asseblief.
5. Perdebytjie: Dis maklik - jy plant ‘n koppie suiker in haar kamer, kom “toevallig” daarop af, maak ‘n helse “scene” en beëindig haar dienste net daar en dan. (Jy speel in elk geval met vuur deur ‘n voltydse bediende net tweehonderd rand en ‘n sak meel vir ‘n maand se werk te betaal, so doen die suiker – ding sommer nou.)
6. Wouter: Ek het vir eers genoeg skakels, dankie.
7. Papkop: Hou tog maar jou blerrie bottel oesterland-spiritualiteit, ek sal nie weer vra nie! (Is dit nodig om alles in hoofletters en met tien uitroeptekens te skryf? Hoekom vloek jy so verskriklik?)
8. Boer in Beton: Ek is nie seker oor die Engelse taalkursus nie, maar die antwoorde op al jou ander vrae is hier en hier te vinde. Ek stem saam Kanada is te koud.
9. Swerwer: Hoekom het jy so skielik opgehou blomme en tjoklits stuur, hmmm?
Oom Daan


