Die polemiek oor kleredrag en ouderdom hier op LitNet, het betrekking.
Daar is diegene wat glo jy moet klere dra in lyn met jou ouderdom. Die “trend setters” blyk anders te dink. Kyk na enige modetydskrif, en jy sal vind oud en jonk pronk in soortgelyke kleredrag namate die liggaamsbou en “looks” wat ook soortgelyk is.
Reusedwerg sê: “ Die mammies wat ook Sussie se denims dra en die rolle wat lyk soos deeg wat te veel gerys het, wat oor die denim hang is ook ’n passion killer.” Dieselfde kan ook van jong sussie gesê word indien haar liggaamsbou soortgelyk aan mammie s’n is; maar indien mammie se lyf wel slank is, kan sy vir ander in dieselfde kleredrag heel “sexy” voorkom.
Verder: “ Hy (die ou man) het sy sterkhempie, die sonder moue aan. Dit lyk hondkak”. Clint Eastwood, in sy sewentigs, amper tagtigs doen dit en hy lyk hond-grasieus, en die jong vrouens raak nog mal oor hom. Dieselfde kan gesê word van Hawk Hogan, die welbekende afgetrede stoeier met sy grys hare, baard en snor. Daardie gespierde bo-arms en bors, wat uitbult van sy moulose-oop kraag-denim hemde, steek jong manne, ’n derde van sy ouderdom in die skande.
Aan die ander kant van die muntstuk. Indien enigiemand goed oor hom/haarself voel met watter kleredrag ook al en hoe belaglik ookal, en dit doen daardie persoon se selfbeeld goed, dan, “so what” wat ander daarvan dink. Ek persoonlik het ’n weersin aan jonge mans wat hulle hare in “mohawk”- of hanekam-haarstyle met “highlights” dra. Hulle voel goed in hulleself. Wie is ek om hulle te probeer verneder namate my verkrampte konserwatiewe siening oor die saak.
Jaco Fourie


