Elke man van oor die veertig het seker 'n storie te vertelle oor die "army". Ek en twee vrinne sit en gesels gister, en soos gewoonlik kom daar maar gebeure en vertellings van die army op.
Die een ou het die volgende te vertelle van die betrokke eenheid van die army tydens 'n inname van troepe. Die troepe was mos erg rondgeneuk die eerste paar dae voor amptelike opleiding sou begin. By die betrokke eenheid het iemand toe besluit om die nuwelinge 'n oriëntering aan te bied en is daar toe 'n esel, swartbord en kryte aan die betrokke korporaal gegee en die opdrag om die manne by die army in te lyf.
Die korporaal staan toe daar ewe paraat en kordaat en begin met sy inlywing.
"Troep, jy moet die vyand soek en jy het nie sy adres nie. Wat maak jy?"
Stilte.
"Troep, jy kry vir jou 'n kaart."
Stilte.
"Troep, nou het jy 'n kaart. Wat nou?"
Stilte.
"Troep, jy kry vir jou 'n kompas met 180 grade op."
"Korporaal, maar 'n kompas het 360 grade."
"Fok, Troep, 'n klein kompas het 180 grade, die grotes het almal 360 grade."
Troepe verdaag hulself.
Reusedwerg


