Ek het laas jaar matriek geskryf en stiedeer nou by die ienieversiteit van Stellenbosch vir my graat en nearly die helfte van my subjects is in Afrikaans. Ek weet nie hoekom almal altyd so wroeg en worry oor Die Taal nie after all almal wat ek ken praat dit want Afrikaans is deesdae cool. Vat maar die Afrikaanse mesiek soos van Kurt Darren en Bobby van Jaarsveld en almal by Hysgenoot se shows by Sun City en die movie Liefling.
My ma se favourite soaps is almal Afrikaans en my pa kyk die
Afrikaanse nies.Op die SABC se channel 2 en sy all time greatest radio show is Ie eie Kese oor Die heavy classics wat dit speel. Mahille het ook al stage shows in Afrikaans gaan kyk met Marius Weyers en Sandra Prinsloo want ons familie was altyd culturally aware. Pa kyk ook op tv na Molly en Wors want dis die naaste
van al die shows aan reality. Hy like ook van Leon Schuster se movies en ma is mal oor Thysnywerheid as ’n funny sitcom. Obviously is ek weer into al die Afrikaanse songs op Kyknet en die stunning gossip oor al die celebs soos Joost en Amor.
My ma scheme Afrikaans se problems was oor al die ooms met
grys skoene wat alles en almal altyd so pure wou hou maar mens kan nie ’n taal vaskeer nie want die laws en die rules sal deer die jeeg gebryk word en gebreek word soos dit hille pas op face book en my twinboetie se niewe boyfriend believe juis freedom of expression werk beste in Afrikaans want die ANC kan dit anyway nie verstaan as hulle dit lees nie en Engels twit nie so awesome soos ons eie taal op twitter nie. Die Engelse het tot al die woord lekker van Afrikaans af gesteel.
Die ooms kan maar relax want dis nou ons girls wat beslyt how
en when die taal bestier sal word want after all is die girls die managers van al die tv channels en programs en editors van 90% van alle Afrikaanse publications en teaching.(Tot ons pastor is die rev. tannie Christa Christoff, ’n genuine groot Gristen vrou.)
Verushca Joubert


