Bokomo-brekfisbrief; 07/01/10: Nuwejaar-avonture ...

  • 0

Vandag het ek redelik vroeg uit die (hout)bed geklim - seker so tienuur. Aangesien dit ek egter op vakansie is vir 'n week of wat, lê ek net leeg - eintlik maar my gunsteling hobby ... Elk geval, ek was laas naweek in Hong Kong vir 'n lekker Saterdagnag-party en dit was toe so!

Wanchai is definitief een van die lewendigste plekke in die wêreld ... dink ou Hillbrow MAAR met sekerlik die skerpste polisiemag ter wêreld om 'n wakende ogie te hou. En glo my vry, wat in ongeveer 2 minute net uit die bloute verskyn om enige probleme in 'n oogwink vas te vat en so die strate skoon te hou.

Binne in die klubs kan dit soms wild raak, en die deurmanne is meestal Nepalese, ex-Ghurkhas wat agter gebly het toe die Engelse uiteindelik die pad gevat het in 19997 na 150 jaar se huishuur afbetaal was. Gelukkig ken ek omtrent almal van hulle en vice versa.

Ek was saam met 2 jongerige Duitsers daar en dit was alles baie lekker, orals waar jy kyk die ongelooflikste warm meisies te kus en keur, Thais, Indonesiërs, Filipinas, Europeërs en selfs Chinese! Die musiek is ook warm en baie plekke het goeie Filippynse bands. In die Old Makati nagklub het dinge eers baie belowend gelyk - warm bokkies wat ons toepak toe ons op die dansvloer klim, maar gou het ek reeds troubles bespeur .. .in die vorm van 5 tipiese Brit-Abroad-tipe assholes wat hulle kicks kry deur dose van hulself te maak - amper soos die Bokkies op die rugbyveld ... maar in elk geval, 2 drolle het ombeweeg om agter my een vriend te kom stelling in neem waar ons drie in 'n driehoekformasie met mekaar gedans het, terwyl twee ander op die kantlyn gereed gestaan het. Die kleinste van die dose het op die dansvloer self kom stelling inneem reg langs my oorblywende vriend en homself baie pushy begin gedra. Terwyl my 2 vriende salig onbewus was van die bose plan wat besig was om af te speel, het ek besef dat ek iets moes doen.

Ek het oorgetree na die drol op die dansvloer, breed geglimlag en my hand uitgesteek. Toe hy onwillekeurig my hand skud het ek net HARD gedruk en hy het met 'n uitroep vorentoe gesak. Daarna het ek na die een paartjie oorgestap wat toevallig ook die grootste twee was. Self sou ek as klein bestempel geword het as ek bv vir die Springbokke moes speel - of dalk selfs TE klein, maar in elk geval, die handskud-roetine het ook 'n goeie uitwerking op die twee gehad en ek het hulle vriendelik versoek om my nie verder te ontstel deur met my of my vriende te torring nie. Ons is in elk geval redelik vinnig daaruit.

Ek meen, daar is seker maklik 50 goeie klubs versprei regdeur Wanchai, en later in Strawberry het ons net eenvoudig mekaar "verloor". Mind you, Strawberry is basies p**sie-paradys op 'n Saterdag, en na so 'n rukkie se betragting het ek naby 'n aantreklike Indo Venus op die vloer geklim en ten spyte van my pynlike knie kon ek haar darem genoegsaam beïndruk sodat ons later selfs 'n bietjie dirty dancing kon uitruk en wys! Later sou ek uitvind my een vriend het homself in 'n Duitse poppie vasgeloop en sy wou nie glo dat hy ook van Berlyn af is nie. Toe hy sy paspoort uitpluk as bewys let sy toe op dat dit juis sy verjaarsdag is so vroeg in die oggend - skerp meisie - en sy bestel toe dadelik omtrent 20 vodkas - wat oor 'n duisend rand kos hoor - en betaal sonder om te blik of te bloos...my tipe meisie daai!

Elk geval, met dagbreek is ek met TWEE Indo poppies daaruit, al twee huishoudsters, en ons is terug met die MTR onderdeur die hawe na Tsim Tsa Tsiu in Kowloon, waar ek 'n kamertjie gehuur het vir so R100 in die berugte Chung King Mansions. Daar het ek hulle die beloofde massage-lesse gegee en toe darem uiteindelik so teen 12 (check-out-time) aan die slaap geval net om eers weer teen 4 wakker te skrik! Genugtig, gelukkig was Suster, die ou Chinese opsigter, nie in nie en ek het die sleutel en die geld aan haar man gegee en is daar uit sonder enige gekibbel vir 'n bietjie shopping in die mal strate van Kowloon, want my een vriendin se verjaarsdag is hierdie maand.

By die porn bookstand het ek 'n geselsie aangeknoop met my ou vriend daar. Hy is al 69 jaar oud en was heel beïndruk dat ek darem fisies bietjie muscle opgetel het van my laaste besoek. "Bruce Lee het net sulke harde maagspiere gehad" vertel hy my, "Soos hierdie plank. Hy het altyd Playboy hier kom koop," en hy pluk 'n boek van die rak en stop dit in my hand, "Hier - vir jou - gelukkige nuwe jaar!"

Ja, dis HK daai, 'n gejaagde en die mees diggepakte metropolis in die wêreld, maar nog steeds met 'n hart. Elk geval, genoeg clichés, ek is vort deur die malende straatmarkte en na 'n geredekawel het ek toe 'n hele lot interessante snuisterye bymekaar en is na die veerbootkaai, waar ek die 7-uur aandboot teruggevat het na Shekou in China - slegs een uur weg. Teen 8:30 was ek in my eie woonstel, net in tyd vir 'n oproep van die meisie wat by paspoort-beheer werk op die kaai.

Sy had sopas klaar klavierklas gegee en sit met 'n hoofpyn. Ek nooi haar oor om my nuwe plek te betrag en sommer terselfdertyd 'n massage te kry vir die skeet. 'n Kort rukkie later was sy uitgestrek op my bed en ek het haar 'n goeie workout gegee.

"Hoe kan ek jou bedank ?" wou sy weet. Silly question ... In elk geval, om 'n laaang storie kort te maak, is ek vanoggend redelik vroeg op - tienuur - want ek wil die pakkie probeer wegkry vir die Poolse poppie wat nou in Japan is op haar musiektoer - sy is 'n violis - en ons het net een keer vantevore ontmoet, ongeveer, eintlik presies 2 jaar gelede, Nuwejaarsaand in Taipei, Taiwan, in Klub 45 naby Normaal Universiteit. Dit was omtrent 2 in die oggend en ek was besig om die plek te verlaat toe iemand my roep.

Ek kon my oe nie glo toe ek omdraai en 'n blonde meisie sien nie! "Wil jy 'n bier hê?" wou sy weet. Ek het geaarsel ... Moet my nie verkeerd verstaan nie, sy was verruklik, MAAR daar was 'n reuse vent wat saam met haar by dieselfde tafel gesit het, maar sonder om te wag skuif sy 'n bier in my rigting en vertel die groot knaap om te skoert - netso! Dit was met verligting dat ek sy 2 meter frame by die deur sien uit verdwyn het - stert tussen die bene.

Dit was hoe ek Paula ontmoet het en ons het 'n baie memorable paar ure saam deurgebring voordat sy die volgende middag terug na Pole toe kon vlieg ... Daar was die e-mails so nou en dan en na 'n jaar het ek haar opgebel daar in Krakow. In Oktober het sy my opgewonde laat weet dat sy werk gekry het in Japan saam met 3 ander vriendinne om 'n klassieke musiek-opvoering te lewer elke aand by 'n groot resort iewers in Hokkaido, Noord-Japan, so naby maar tog so ver!

Elk geval ek stap toe oor na my vriend John Che se kantoor. Hy is in die besigheid van moulding, en ek was eens sy Engelse onderwyser - lank terug. Later het hy my 'n pos aangebied as sy vise-president en selfs aandele in sy fabriek, maar ek verkies hom as 'n vriend en nie as my baas nie. Onlangs het hy 'n babadogter ryker geword en ek moes die naam kies vir haar! By sy kantoor vind ek die prys uit vir spoedpos deur fed-Ex wat maar slegs sowat R150 beloop. Spoedpos is in elke geval al genade nou as my pakkie betyds in Japan gaan aankom! Ek gaan koop toe 'n paar kaartjies en so-aan, en begin die pakkie op te maak daar en dan met die hulp van Judy, die parmantige sekretaresse. Ek onthou nog goed hoe een Yankee kliënt van John met skok na sy asem gesnak het toe hy sy e-mail wou check en die eerste ding wat hy gewaar op Judy (sy was daardie dag uit) se rekenaar was 'n screen saver van 'n pragtige meisie in baie skamele onderkleertjies! "What! Are you guys allowed to have pictures of girls as screensavers !!" wou ons fokken Bush-klipchristen-tipe-kloon-Yank vol verontwaardiging weet. Dit was met GROOT genoegdoening wat ek hom kon inlig dit behoort aan ons sekretaresse, wat toevallig ook 'n baie sexy dametjie is - sy mond het oop-en-toe-gemaak soos 'n versmorende vis - fokken Yanks ... verbeel hulle mos die hele wêreld is net so fucked-up soos hulle, maar dit daar gelaat.

Versigtig het ons 'n pragtige pakkie opgemaak soos 'n klein skatkissie vol verrassings vir Paula. Wonder net wat sy gaan dink van die een klein vet Buddha-beeldjie wat ek ingepak het? Ek bekommer my nie soseer oor die feit dat sy Katoliek is nie - komende van die land van die ou Pous nie - maar meer oor die feit wanneer jy die vet, diep-mediterende, stralende Buddha omdraai dan sien jy daar is 'n naakte paartjie wat skuil onder sy kleed en hulle is besig om BAIE stout te wees!

Ok, miskien moet ek net so terloops verduidelik dat die gewilde "vet" Boeddha die toekomstige Boeddha is en nie ons historiese Boeddha nie. Soos Boeddhisme die wêreld verstaan, is "tyd" opgedeel in Kalpas met elke Kalpa wat ongeveer 4 en 'n half biljoen van ons huidige jare beslaan. Daar was al verskeie sulke Kalpas (vir julle outjies wat nog steeds baklei oor die oerknal) met 'n Boeddha wat verskyn het in elke Kalpa - natuurlik slegs net wanneer toestande die korrekte gunstigheid bereik het vir die maksimale impak vir die verspreiding van die boodskap van daai betrokke Boeddha ...

Boeddhiste verstaan maar terdeë dat alles net vlietend van aard is en dit sluit natuurlik ook in die huidige Boeddha-boodskap, die hele mensdom, ons persoonlike misbol, die aarde en die heelal in sy geheel natuurlik, alles gaan deur deurlopende fases ... op die oomblik is ons in die uitaseming-fase van die heelal, waar alles besig is om met 'n geweldige spoed uitwaarts te beweeg - later sal die proses omgeswaai word - dit is net soos wanneer jy asemhaal, natuurlik nou net op groter skaal. Daar sal 'n tyd kom wanneer ALLES onherkenbaar verander het, net soos dit telkens vantevore die geval was, en wanneer toestande dan weer op sy gunstigste is, sal Matreia sy verskyning maak in 'n gepaste fisiese vorm om die boodskap van die waarheid voort te sit.

In elk geval, ek dink Matreia-Boeddha gaan my poetsie aan Paula net so geniet soos ek, daar waar hy nog in Boeddha-hemel sit en besig is om sy komende besoekie hier aan aarde haarfyn te beplan ... he-he...en o ja, Matreia is nie vet nie hoor! Sy groot maag is maar net simbolies van sy diepe meditasie waar jy die maag as 'n blaasbalk gebruik om genoeg Chi of energie te kan inpomp om al die Chakras te kan oopmaak ... ok, dit net terloops ...

Francois Williams

(I couldn't resist. Webvoet)

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top