Bokomo-brekfisbrief; 06/08/09: Huweliksaanbod: Francois Williams

  • 0

 

Beste Francois,

 

Jou foto wat op SêNet geplaas is, het dadelik my aandag getrek.

Ek het toe dadelik jou briefies gelees en jy lyk na 'n vreeslike oulike en sexy mensie. Ek sal jou baie graag wil ontmoet vir ʼn koffie en wie weet, dalk kan dit tot groter dinge vir ons tweetjies lei.

Meer oor myself:

Ek is 'n 40-jarige weduwee wat mal is oor die buitelewe. Ek rook nie baie nie, maar geniet so af en toe 'n glasie sjerrie. Ek weeg 150kg en is 1,55 meter lank. Ek is 'n onderwyseres en werk by 'n skool in die Oos-Vrystaat. Ek is ook nie 'n rassis nie, maar het nie swart vriende nie. Ek luister graag na boeremusiek en Steve Hofmeyr. Ek is ʼn wedergebore Christen, maar ek gee nie om as my kêrel 'n ander geloof aanhang nie. Hy moet net bereid wees om fluks te presteer in die bed en die voortou te neem indien dit by huishoudelike sake kom.

Ek wil graag hê dat my man my op reise deur die wêreld vat en wil graag stede soos Sydney, Auckland, Londen en New York besoek. Ek is mal oor kook en geniet dit om my man te bederf.

Ek is baie netjies op my persoonlike voorkoms en my huis is altyd in 'n perfekte toestand.

Laat gerus weet of jy belangstel.

Liefde

Katrina Susanna van Rensburg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top