Werfvoetjies,
Ons tref almal oomblikke wat te veel is en jou in die spore stuit dat jy wragtig nie weet watter kant toe nie ...
Outoppie
Klein Poison en die groot oomblik
Oupa het die plaaswinkel gehad en so het hy uiteraard die plaaslike seuns in diens geneem en opgelei om met geld te werk. Dit was daai vreeslike moeilike 12 punt ponde-, sjielings- en penniesstelsel van die ou tyd voor desimalisasie.
Klein Poison Willemse het sy naam gekry omdat hy net soos sy pa so ‘n ronde kaalgeskeerde 'Gifkoppie' met die mooiste deurskynende bakore gehad het, sy ogies was baie na aan mekaar en hy het vgrgreeeslik gebgrgry. Soos Ampie met die rondebolhoedjie op die ore gedra. Sy pa was Groot Poison. Klein Poison het toe rou en wild van die plaas af by Oupa se winkel kom werk om die diepere geheime van die ekonomie te leer.
Eendag gee oupa vir hom ‘n praktiese oefening deur al die munte en note uit die 'till' uit op die toonbank te pak en vra:
"Poison, as daar ‘n oom ‘n pakkie Springbok-tabak wil koop met ‘n twintig pondnoot - wat is die kleingeld wat jy hom sal gee? Wys my."
Hy krap toe verskrik sy koppie met sulke stywe vingertjies soos wanneer mens ‘n lemoen uitdruk en sy ogies slaan oormekaar van geskokte oorweldigende verwarring ten aanskoue van die baie soorte geld en sê met die grootste erns:
"Neeeee, heeeeegrgrlikheid oom Gêrgrgt [Gert] - nou weet ek wgrragtag FOKKOL !!!!!!!!!!!"
[So slaan ons almal, een-of-ander-tyd - as die oomblik te groot word -‘ n blênk!!!!]
Op ‘n ander keer kom daar twee mense gelyktydig die klein plaaswinkeltjie binnegestap en reken Poison met sy kenmerkende reguit-vingers-kopkrap en ogies wat so oormekaar slaan van erns:
"Heeeeergrgrlikheid oom Gegrgt, hiegrgrs wgragragtag dagrgrem nou baie mense in die winkel!!!"
(Wie hou van druk??)
NS KP het vreeslik geliefd geword en was HOEGENAAMD nie dom nie - absoluut kostelike karaktertjie - bron van grootste vreugde en plesier vir Oupa-hulle gewees en later baie suksesvol!!


