Bokomo-brekfisbrief; 05/12/2010: Pille en my vrind J (bieg)(L)

  • 0

Sit en gesels met my vrind oor die kuber en hy vertel hoe hy verlang na ons hier in Wonderland. Die waters waar hy moet duik is warm en baie blou en die Arabiere betaal goed, al is dit vrek warm as jy uitkom en al mag jy nie eens ʼn koue bier drink nie. Hy kannie seg hy hettie geweet nie, want ons wat daar was het hom gewaarsku.

Ons praat oor die lughawe en daai pub waar mens, as jy vir ʼn maand sonder ʼn behoorlike druppel was, sodanig kan ontspan dat jy jou vlug en sommer die volgende een huis toe ook mis. En dan deurstrompel om die lugwaardin se siel te versondig. Maar dis nie waaroor ons hier praat nie, al kan mens vir dae sit en gesels oor lughawens, elkeen met sy eie karakter en kos en drank en mense.

Maar vrind J moes toe oorstaan ipv dadelik lughawe toe. In een of ander hotel oorslaap omdat die oliemaatskappy se sake nie alte klopdisselboom geloop het nie. Wat doen jy as jy vir drie maande op ʼn skip iewers in die Golf moes sit sonder ʼn bier of iets warms? Jy "go walkabout" en soek die plekke uit. So kry J die plek waar die dop vloei al is dit Ramadaan, en die dames jonk en jeukerig en gewillig is. En sluk vir $20 ekstra.

Maar lekker hou net vir so lank, en as jy 19 is kan jy nog spog met, mmmmm, verskeie dames gelukkig hou, maar soos die jare aanstap het jy hulp nodig en daai hulp kom in pilvorm. J sê vir my van daai pil wat hy moes sluk om daai meisie van Thailand en haar vriendin tevrede te hou tot hy agterkom hy sy vlug gaan verpas. En moet verkas met pil in die sisteem. En die vlug verpas want die "Irish village" se dop is goedkoop en die manne lag en gesels en dinge gaan naar.

J vertel vir my dat hy later, tydens die vlug agtergekom het hierdie pilletjie is iets anders, want die ding beginne te werk. Die pil bedoel ek nou, nè. Hy vertel dat dit die langste vlug van sy lewe was en as dit nie was dat hy besigheidsklas gevlie het nie het hy sweerlik iets bygedam. Ek vra hom oor die pilletjies en hy loop krap in sy cubby hole en bring die pakkie nader. "Hier" beduie hy. "Probeer ene, dit is goed vir die bloeddruk en sooibrand en genees hartkwale". Ek ly nie aan ʼn swak hart tensy ek op die strand tussen daai mensies wat al hul groente as kinders opgeëet het verkeer nie en ek sluk.

J teks my drie uur die volgende oggend om te hoor of dinge nog oraait is want ons sou mekaar raakdrink by die plek hier laer af in die straat. Ek kon dit nie maak nie want die probleem is die pil kan net nie ophou werk nie en ons konnie wag vir J nie. Die ding hou dinge, mmmmmm, hoe se mens dit diplomaties? J beduie ietwat later dat hy self redelik gaar is en dat hy al twee keer vir die mooi mens moes loop tee maak het. Sy wil sesuur huis toe en sy beginne al kla dat hy moet klaarmaak.

Ons praat later, toe die besigheid eintlik eers beginne werk en ekke in die werk moes staan en maak of ek bly is vir die klante wat inkom dat hierdie pilletjies nie iets is om mee te speel nie. Die goed gee nie hartkloppings of enige ander negatiewe goete nie, maar die goed gee jou asem. En los ander mense sonder asem.

Eendag, oor twintig of so jaar as die natuur nie meer Haar ding wil doen nie kan ons dit weer probeer.

J is op pad Thailand toe en al my waarskuwings oor daai heuningpot gaan by die een oor in en by die ander ene uit. Hy het Thai geproe en ek is redelik seker hy ganie soontoe om die natuurskoon te bewonder nie.

oester

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top