Bokomo-brekfisbrief; 05/11/09: As dit nie meer daar is nie

  • 0

As jy in jou kar ry en die Jakarandabome se perskombers lê Pretoria se strate vol. As jy sien hoe sak die son agter 'n Kameeldoringboom in Ellisras en die laaste strale kleur die vlieswolke pienk. As Onrus se see se branders oor jou voete spoel en die sand liggies teen jou been vaswaai. As Simonsberg teen laatmiddag sy vrolike blomrok verruil vir sy nagkabaai. As Swakopmund se duine tjoepstil onder die maan op aandag staan. As Bethlehem se sonneblomlande almal hulle gesiggies na jou toe draai. As die wingerde in Franschoek se druiwe wyn maak net vir jou. As Kalkbaai se meeue aalmoese uit jou hand kom bedel. As die Hillbrowtoring in Johannesburg se liggies jou rigting aandui.

As niks van dit meer daar is nie, gaan jou hart dit hou?

'n Hartseer expat

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top