Beste Pouveer,
Ek is bly as jy my bydraes geniet. Dis natuurlik altyd en alles waar. Met Kersfees net om die draai, deel ek graag hierdie ook met jou.
Vanaf die mens se eerste bewustheid is daar aantekeninge gemaak van verskynings en ervarings met wesens buite ons bekende dimensies van bestaan.
In Marshall Klarfeld se boek, Adam, the missing link, gebruik hy mitologiese geskiedenis en wetenskaplike feite om te bewys dat ons moderne mens deur gevorderde wesens met DNS-manipulasie uit die Cro-magnum en Neandertal saamgestel is - die Tuin van Eden.
Moses het die bad aliens - Satan en sy wesens - se radiomas gebreek toe hy die Groot Piramide van Giza se Capstone gaan afhaal het en daarmee die woestyn in gevlug het. Hier dra ek die mantel van profeet.
Noag, Abraham en Daniel het soos baie ander profete ook gereeld kontak met wesens uit ʼn astrale dimensie gehad.
Die Bybel is beslis die mees kosbare spiritual boek op aarde!
Ons Almagtige Skepper het Sy volmaakte DNS met iets soos in-vitro bevrugting in Maria geplaas en Homself verwek.
Jesus ons God het met volmaakte DNS tussen ons kom staan. Met Sy DNS het Hy vir ons Sy plan met die mens kom wys. Sy volmaakte DNS het gewys dat Hy uit die dood kan opstaan, deur mure kan beweeg, helder skitter, rondsweef en vir ewig leef. Die belangrikste is die HART wat met Sy volmaakte DNS saamgaan. Wat ʼn lieflike en evolusionêre vooruitsig vir die mens!
Hierdie aantekening van die Ster van Bethlehem en alles wat vooraf gebeur het, is van die kosbaarste aantekeninge uit astrale dimensies aan ons bekend.
Waar is die Koning van die Jode wat gebore is? Want ons het Sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. - MT 2:2
Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra ... En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug. - MT 2:7 en 9-10
Astrale wesens uit ʼn ander dimensie, die Engele uit die Hemel, het met hul spaceship - 'n ruimteskip genaamd die Ster van Betlehem - die babatjie met die volmaakte DNS se geboorte kom waarneem!
Nog wonderlike verskynsels uit hierdie astrale dimensie ...
Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom! - MT 17:5
Maar toe hy dit sê, kom daar 'n wolk en oordek hulle, en hulle het bang geword toe daardie manne in die wolk ingaan.
En daar kom 'n stem uit die wolk wat sê: Dit is my geliefde Seun; luister na Hom! - LK 9:34-35
En nadat Hy (Jesus) dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. - HAN 1:9
En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit wolk en een soos 'n Menseseun wat op die wolk sit, met 'n goue kroon op sy hoof en in sy hand 'n skerp sekel. En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met 'n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai. - OP 14:14-16
Daarom dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê ... - HEB 12:1
Kyk hier, hier en hier, en wens uit jou uit HART as jy weer ʼn ster sien verskiet!
Mag Jesus ons God ons almal vergewe en die hele wêreld seën in Sy liefde en genade.
Sola Gratia Excelsior!
Cornelius Henn


