Steve Hofmeyr het naelskraap aan ʼn ongeluk van epidermiese proporsies ontkom. Dit was nadat Hofmeyr in Sasolburg opgetree het en seshonderd spykers in sy weg geplaas is. Hofmeyr het aan ʼn bekende Sondag-poniekoerant, Druip geneem vanaf sy Rapport, te kenne gegee dat seshonderd meisies, elk met ʼn spyker gewapen, sommige erg verroes, dit na sy vertoning gratis aan hom wou bied.
Tamheid en die tekort aan ʼn ordentlike hamer het Hofmeyr verhoed om dié aanbod op te neem. ʼn Polisiewoordvoerder sê dat mnr Hofmeyr nie opdringerig was nie en dat hy hom nie aan ooreising skuldig gemaak het nie.
Die Springbok, Puke Watson ... verskoning ... Luke Watson is Saterdagmiddag 1 Augustus tweeduisend en 9 in die eg verbind. Watson, met ʼn tradisionele Skotse kilt, is met die skoonheid, Elaine Locke getroud. Watson het op die latere onthaal erken hy dra sy Skotse kilt op die tradisionele manier, en dat dit nié die rede was vir die afwesigheid van die Springbokke se losbaljagter, Heinrich Brüssow, nie. Brüssow moes vir die Springbokke uitdraf in die toets tussen die Bokke en die All Blacks.
Verskeie van Watson se WP-spanmaats het die troue bygewoon, dit nadat hulle volgens die poniekoerant, Druip geneem vanaf sy Rapport, die flou Luiperds Vrydagaand bloots gery het. Die WP het met 48 - 7 gewen in 'n wedstryd waar Watson drie keer gescore het.
Penorent Swerwer


