Bokomo-brekfisbrief; 05/04/09: Port Elizabeth

  • 0

 

 

Ek is nou al 'n week lank in Port Elizabeth.

Ek het natuurlik 'n ander SêNetter probeer laat weet ek is hier, maar die selnommer werk seker nie, of so-iets.

Ek moet sê, ek het die week tot dusver nogal geniet. Die mense by die kliënt is uiters behulpsaam, sorg elke middag vir heerlike kos, maak seker ons bly lekker, het ons van 'n kar voorsien, 'n Ford KA (wil eerder nie kommentaar daaroor lewer nie), en alles is sommer net rustig.

Min van mense lyk of hulle verskriklik gestres is, en dis so half asof dit my ook beïnvloed. Slaap heerlik, werk myself nie onnodiglik op oor goed nie, kry nog my wegtrekke as ek onnodiglik gesteur word deur oproepe van mense wat drama wil skep waar dit uiters onnodig is, maar eintlik is dit regtig lekker hier.

Die uitbreiding langs die strandfront sedert ek laas hier was, is nogal indrukwekkend. Die stadion vir 2010 is pragtig. Daar is baie werk wat oral gedoen word, hetsy nuwe geboue, of die verbetering van paaie soos in Hoofstraat (soos ek dit onthou).

My kollega en goeie vriendin wat saam met my is, vra my of ek sal terugkom, en ek moet sê as dit nie was vir 'n paar goed, wat meestal maar persoonlike ondervindinge en situasies is nie, sou ek dit seker oorweeg het.

Dis vandag by die plekke waar toeriste kan bly so vol soos wat mens nie kan glo nie. Hier is glo die naweek die een of ander Ysterman-kompetisie aan die gang. Ek het dit nogal oorweeg om sommer in te skryf, siende dat dit seker ʼn "breeze" (hier is baie van hulle) sal wees as mens dit vergelyk met die werk wat jou brein die hele dag doen, maar miskien moet ek nie met my rookbeseerde longe speel nie.

Andries Wolmarans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top