Bokomo-brekfisbrief;05/01/2011: Wense vir 2011

  • 0

Aangesien ons in ’n siek en onvolmaakte wêreld bly, is ek realisties en is my wense vir 2011 net die volgende:

Minder haat en nyd.

Minder wreedaardige moorde, kapings en rooftogte.

Minder kindermishandeling, molestering en verwoesting van kinderlewens.

Minder selfsug en eie geregtigheid

Minder valse mense en goedgelowige Christene wat met die Bybel onder die arm, ander veroordeel en afkraak (KdK) asof dit hul plig/reg is.

Minder armoede en werkloosheid.

Minder gebroke gesinne en egbreuk.

Minder slaggate in ons plattelandse paaie.

Minder bedrog, korrupsie en onbekwaamheid, veral aan owerhede se kant.

Minder siekte en ellende.

En aan die positiewe kant:

Baie meer liefde, vreugde en vrede.

Baie meer respek vir ander mense – veral vir kinders.

Baie meer respek vir mense se besittings en eiendom.

Baie meer verdraagsaamheid – veral vir KdK.

Baie meer eerlikheid en opregtheid.

Baie meer simpatie en empatie.

Baie meer reg en geregtigheid.

Baie meer goeie dienslewering deur owerhede.

Baie meer tyd om die natuurskoon te waardeer en te ervaar.

Indien elkeen van ons ’n daadwerklike poging kan aanwend om ’n paar hiervan toe te pas in ons eie lewens, moet die wêreld beslis ’n beter plek wees.

LitNet-groete

Geitjie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top