Bokomo-brekfisbrief; 04/12/2010: Ouderdomsgekkigheite

  • 0

Ouderdomsgekkigheite

Ek stem heelhartig met Geitjie saam oor mense wat nie volgens hul ouderdomme optree en aantrek nie. Daar is niks so kommin soos Mammie wat 'n "p....iepelmit" (minirokkie) aanhet en soos kleinsus probeer aantrek nie. Gooi Pappie ook nie weg nie. Hy het sy sterkhempie, die sonder moue aan. Dit lyk hondkak.

Daar sal diegene wees wat argumenteer dat 'n mens jonk van gees moet wees. Daar is 'n moerse verskil. Die dames wat lyk soos "mutton dressed as lamb" laat my nogal koud en lag ek gewoonlik my tanne af vir hulle. Die mammies wat ook Sussie se denims dra en die rolle wat lyk soos deeg wat te veel gerys het, wat oor die denim hang is ook ’n passion killer. As sy wegstap lyk dit soos twee varkies wat in ’n sak baklei.

Nee wat Mammie en Pappie draai julself ordentlik toe na aanleiding van jul ouderdomme.

Reusedwerg

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top