Bokomo-brekfisbrief; 04/11/08: ‘My bittersoet confession'

  • 0

 

 

Ek wil-wil jammer voel vir die meisie. Maar dan lees ek woorde soos "confession", "crazy", "sad", "love", "real", "casual" en "fine".

Dan kry ek so ʼn snaakse, grou gevoel hier in my binneste. En besef ek dat ek uiteindelik baie meer hartseer is oor die vermorsing van ons mooi taal as oor haar verlies. Sy kan altyd weer iemand los vir iemand anders. En, as sy so voel, weer iemand anders soek. Maar ek het net één mooiste, mooiste Afrikaans.

En dis mý bittersoet bekentenis.

Jaco Kirsten

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top